Derde Namdia-roof verdagte in hof, nog 2 glo in arres - April 9, 2025
Die derde gearresteerde verdagte in die Namdia-rooftog, die 33-jarige JustIn Samuel Shipanga, het in die Windhoekse landdroshof verskyn. Shipanga staar ‘n klag van diefstal van ongeslypte en ongepoleerde diamante in die gesig. Hy is ‘n sekuriteitswag by G4S en neem self sy verdediging waar. Die saak is uitgestel tot 17 Junie. Volgens berigte is nog […]
Geen Afrikaanse nuus op SABC2 was skeduleringsfout - April 9, 2025
Die DA het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se bevestiging verwelkom dat ‘n skeduleringsfout die afgelope naweek daartoe gelei het dat die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 nie uitgesaai is nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hulle sal voortgaan om die uitsending van die bulletin oor die naweek te monitor om te […]
China slaan terug met 84% tariewe op VSA, olieprys val - April 9, 2025
China het teruggeslaan met ‘n 84-persent tarief op Amerikaanse invoere nadat Donald Trump se 104-persent tarief op China in werking getree het. Dit het ‘n verdere daling in die Europese markte veroorsaak. Die FTSE 100-indeks van die grootste maatskappye wat in die VK genoteer is, het tot dusver vandag met 3,3-persent gedaal, terwyl die Duitse […]
Boksewes-vroue vol vertroue voor laaste deel van Uitdaagreeks - April 9, 2025
Rugby: Zintle Mpupha van die Springbok-sewes-vrouespan sê hulle is vasberade om hul momentum van die eerste twee toernooie van die Wêreld-sewes se Uitdaagreeks te behou. Suid-Afrika, wat tweede op die punteleer is, is in Pole vir die derde en laaste toernooi in die kompetisie. Die top-vier spanne staan ʼn kans om vir die laaste sewes-toernooi […]
Omaheke mik na groei met beleggingskomitee - April 9, 2025
Die Omaheke-streek het ‘n beleggingskomitee van stapel gestuur om landbou, toerisme, vervoer en logistiek ‘n hupstoot te gee. By die eerste vergadering in Gobabis het streekraadsvoorsitter Ignatius #Kariseb gesê die komitee beoog om lewensvatbare projekte te identifiseer, beleggingshindernisse aan te pak en streeksgroei aan te dryf.
Mboma en Masilingi reg vir Bostswana-byeenkoms - April 9, 2025
Christine Mboma en Beatrice Masilingi, die 21-jarige Namibiese naellopers, sal Saterdag aan die 100 meter by die Wêreldatletiek Kontinentale Toer se Goue Grand Prix in Gaborone, Botswana, deelneem. Afrigter Henk Botha het bevestig beide atlete het van beserings herstel, met Masilingi se skouer wat ten volle genees is. Dit merk hul terugkeer na ‘n hiatus […]
Spreek VSA-tariewe dringend aan: NIPDB - April 9, 2025
Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die regering aangemoedig om dringend die kwessie van Amerikaanse tariewe aan te spreek. Terwyl die impak op landbou-produkte gering is omdat daar so min daarvan na die VSA uitgevoer word, word diamante, vis, en boustene geraak. Die bestuurder by die raad, Roberth Simon sê ekonomiese diplomasie en ‘n stabiele […]
Nuwe landbouminister sit prioriteite uiteen - April 9, 2025
Die landbouministerie het ‘n aanvangsvergadering vir die nuwe administrasie aangebied. Die nuwe lynminister, dr. Mac-Albert Hengari, het die personeel toegespreek en gesê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het alle ministers beveel om sonder versuim hard te begin werk. Een van die ministerie se fokusareas sal wees om bestaansboere te kommersialiseer en meer ondersteuning aan boere te bied.
Jeug moet ingesluit word by besluitneming: Swapo-LP Tutjavi - April 9, 2025
Namibië se jongste parlementslid, die 22-jarige Fenny Tutjavi van Swapo, het haar nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer en die behoefte aan selfstandigheid beklemtoon, veral onder die jeug. Sy het ‘n beroep gedoen op die insluiting van die jeug in die vorming van hul toekoms, nie liefdadigheid nie. Sy het beklemtoon dat jongmense nie net […]
Gesondheidsorg kos Namibiërs meer as N$1,2 miljard in vierde kwartaal - April 9, 2025
Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, sê Namibiërs het meer as 1,2 miljard Namibiese dollar aan gesondheidsorg in die vierde kwartaal van 2024 bestee. The Brief berig dat hoewel dit ‘n afname van 14,3 persent van die vorige kwartaal is, weerspieël die syfer ‘n styging van 1,2 persent op ‘n jaargrondslag. Die waargenome afname […]