Derde verdagte in Namdia-roof in Ondangwa gearresteer - April 9, 2025

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat ‘n derde verdagte in die dodelike Namdia-rooftog op 18 Januarie in hegtenis geneem is. Die verdagte, ‘n sekuriteitswag wat in Ondangwa aangekeer is, sal glo vanmiddag in die Windhoekse landdroshof verskyn. Intussen hang daar steeds ‘n wolk van stilswye oor die roof, en hierdie kwessie het al in die […]

Read More

Agt SA lughawens kan weer instrumentvlugte hanteer - April 9, 2025

Suid-Afrika se Lugverkeer- en Navigasiedienste het bevestig dat agt lughawens nou goedgekeurde instrumentvlug-prosedures het. Die stelsels is noodsaaklik vir veilige landings in swak sigbaarheidstoestande. Drie lughawens, Richardsbaai, Upington en Bloemfontein, bly beperk tot goeie sigbaarheid. Die organisasie het dringende instandhouding op hierdie lughawens beloof en die aanstelling van tien nuwe lugverkeersbeamptes bevestig. Hy raai passasiers […]

Read More

Astro Bot wen 5 Bafta-toekennings - April 9, 2025

Die platform-speletjie, Astro Bot, was die groot wenner by die Bafta-speletjietoekennings. Dit het vyf toekennings ontvang, waaronder beste speletjie van die jaar en beste animasie. Die sielkundige-riller-speletjie, Still Wakes the Deep, het drie ontvang. Die toekenning vir beste toneelspel gaan aan Alec Newman vir sy rol as Cameron McLeary in Still Wakes the Deep. Die […]

Read More

FIFA skenk miljoene aan Klubwêreldbeker-gasheerstede - April 9, 2025

Sokker: FIFA sal 19-miljoen Namibiese dollar aan elke gasheerstad van die 2025 Klubwêreldbeker skenk vir die bou van mini-velde. Dit maak deel uit van FIFA se nalatenskapsplan vir die uitgebreide toernooi, wat 19,6-miljard dollar se totale prysgeld, insluitend twee-miljard dollar vir die wenner, beloop. Die 32-span-toernooi begin op 15 Junie, in 12 stadions in die […]

Read More

TotalEnergies beplan hoofkwartier op Lüderitz - April 9, 2025

Die jeugberaad van die Nama Tradisionele Leiersvereniging het op Lüderitz afgeskop. Belangrike besprekings rondom hul geskiedenis en erfenis, en toekomstige geleenthede vir die Nama-bevolking sal onder die loep kom. Die woordvoerder van die Lüderitz-dorpsraad, Elwin !Gaoseb het die afgevaardigdes toegespreek en sê TotalEnergies beplan om sy Namibiese hoofkwartiere in Lüderitz te bou.

Read More

Stad Kaapstad kry kritiek na oorstromings - April 9, 2025

Die GOOD-party sê dis duidelik die Stad Kaapstad versuim om behoorlik voor te berei vir seisoenale veranderinge. Swaar reën het Dinsdag wydverspreide oorstromings in gebiede soos Athlone, Nyanga, Mfuleni, Gugulethu, en Khayelitsha tot gevolg gehad. GOOD-woordvoerder Siyabulela Mamkeli sê die Departement van Stedelike Mobiliteit se dienslewering is onvoldoende omdat die oorstromings deur verstopte stormwaterdreine veroorsaak […]

Read More

Klimaatsverandering bedreig wêreld-rysproduksie - April 9, 2025

Met die aantal rysproduserende lande wat al hoe minder word, waarsku kenners dat klimaatsontwrigting toekomstige wêreldvoorraad kan bedreig. Dit volg te midde van berigte dat Maleisiese rysproduksie van 71-persent to 56-persent weens klimaatsverandering gedaal het. Dit dwing die land om meer rys van Kambodia, Vietnam en Thailand in te voer. Maleisië verbruik meer as 2,7-miljoen […]

Read More

Tsitsipas, Berrettini en Draper vorder in Monte Carlo - April 9, 2025

Tennis: Die verdedigende kampioen, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, is deur na die derde ronde van die Monte Carlo-meesterstoernooi. Die driemalige kampioen het die Australiër Jordan Thompson in drie stelle geklop. Die Italianer Matteo Barrettini het die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, ook in drie stelle uitgeskakel om die grootste ranglys-sege van sy loopbaan te behaal. […]

Read More

Studente eis geld terug vir ongeakkrediteerde kursus - April 9, 2025

Studente by Atlantic Training Institute eis terugbetalings van 29 000 Namibiese dollar elk vir die ongeakkrediteerde Hulpverpleeg-oorbruggingsprogram. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Verpleegraad van Namibië het bevestig die program word nie erken nie. Die instelling het ook versuim om sertifikate aan gegradueerdes uit te reik. Matheus Isak, voorsitter by die National African Students’ Association in […]

Read More

IRR sal met EFF, MK oor BTW vergader - April 9, 2025

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan dié week leiers van die EFF en die MK-party betrek oor alternatiewe vir die omstrede verhoging in BTW. Die IRR sê aangesien sekere partye teen die verhoging gestem het, is dit noodsaaklik om alternatiewe te vind. Makone Maja van die instituut sê een so ‘n alternatief is om […]

Read More