Aantygings van diskriminasie teen skoolhoof in Dolam - April 9, 2025
Gemeenskapslede het die hoof van die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad daarvan beskuldig dat hy plaaslike Damara/Nama-leerders opsy sit ten gunste van nie-plaaslike leerders en dat hy poog om Khoekhoegowab uit die kurrikulum te verwyder. Hulle beweer dit is deel van ‘n breër agenda om inheemse tale te ondermyn, ten spyte van die skool […]
Parlement bespreek (uiteindelik) begroting - April 9, 2025
‘n Week na die begroting ter tafel gelê is, word daar uiteindelik in die parlement debat gevoer daaroor. Die Nasionale Vergadering het ‘n skedule opgestel tot president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede. Tydens die debat het die IPC, wat nuut is in die parlement as die amptelike opposisie, hul kommentaar oor die begroting gelewer via die […]
G20-taakspanne is gereed vir beleidsaanbevelings - April 9, 2025
Die agt Business 20 South Africa-taakspanne is gereed om hul beleidsaanbevelings teen September te finaliseer voor die G20-beraad in November. Die taakspanne word gesamentlik gelei deur globale sakeleiers, en fokus op inklusiewe groei en globale samewerking. Die taakspanne sal bewysgebaseerde voorstelle oor handel, energie en digitale insluiting indien, wat Afrika-perspektiewe by die beraad sal dryf. […]
VN verwerp Israel se voorstel vir hulp aan Gaza - April 9, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ʼn nuwe voorstel van Israel om aflewerings in Gaza te beheer, verwerp. Hy sê as hulp opraak, begin die grusaamheid van voor af. Sedert 2 Maart is geen hulp in die Palestynse gebied met sowat 2,1-miljoen mense afgelewer nie. Israel sê hy gaan nie toelaat dat goedere […]
Minstens 79 dood toe nagklub-dak in DR ineenstort - April 9, 2025
Minstens 79 mense is dood en meer as 200 beseer toe die dak van ‘n ikoniese nagklub in die Dominikaanse Republiek vroeg gisteroggend ineengestort het. Sowat 300 mense was in die Jetset-nagklub in die hoofstad Santo Domingo toe die dak tydens ‘n vertoning van die kunstenaar Rubby Pérez ingetuimel het. ‘n Voormalige Major League bofbalspeler, […]
TransNamib se RedForce-kontrak lok kritiek uit - April 9, 2025
TransNamib het sy debiteure van meer as 100 miljoen Namibiese dollar aan RedForce oorhandig in ‘n kontrak van 12 maande. Maar, volgens die Engelse dagblad The Namibian is rolspelers in die industrie ongelukkig oor die toewysing en die manier wat die tender toegeken is. Daar is gerugte dat dit moontlik in die hof uitgedaag sal […]
Kommer oor puttoilette by SA-skole - April 9, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare het teleurstelling uitgespreek oor die regering sy sperdatum misgeloop het om puttoilette by 141 skole te verwyder. Die vakbond sê die voortgesette teenwoordigheid van hierdie toilette bedreig die veiligheid en waardigheid van leerders en onderwysers. Claude Naiker van die vakbond sê hoewel 175-miljoen Suid-Afrikaanse rand opsy gesit is vir vertraagde projekte, […]
Bome in die Amasone bou kwik op oor goudmyne - April 9, 2025
Bome in die Amasone neem kwik op weens besoedeling deur kleinskaalse goudmyne en bied ʼn nuwe manier om onwettige bedrywighede te monitor. Navorsers sê giftige metaal wat vrygestel word wanneer myners mengsels van kwik en goud verbrand, laat ʼn chemiese vingerafdruk in bome se jaarringe. Volgens New Scientist kan hierdie metode met verloop van tyd […]
Arsenal skop Real Madrid se bas - April 9, 2025
Arsenal het Real Madrid met 3-0 verslaan in die eerste deel van die Kampioeneliga-kwarteindronde by die Emirates-stadion in Londen. Declan Rice het twee vryskoppe aangeteken en Mikel Merino het ʼn derde bygevoeg. Dit gee die Gunners ʼn goeie kans om die halfeindronde te haal. In Duitsland het Inter Milan ʼn 2-1-sege oor Bayern Munich behaal […]
Klimaataksie, werksgeleenthede by landbou bespreek - April 9, 2025
Namibië beoog om in lyn met Visie 2030 en die Harambee-welvaartplan 2, kweekhuisgasvrystellings met 65 persent te sny en koolstofputte met 5 000 metrieke ton te verhoog. Tot dusver het die land 4 miljard Namibiese dollar aan klimaatsfinansiering verkry, met huidige projekte wat 1,3 miljard dollar beloop. Om toegang tot klimaatsfinansiering te verhoog, is plaaslike […]