Het plaaslike owerhede genoeg geld om slaggate reg te maak? - April 9, 2025
Die slaggate in Windhoek is besig om ‘n veiligheidsbedreiging te word. Die Stad Windhoek sê egter hulle sal eers die paaie kan herstel na die reënseisoen. Die Swapo-LP Tobie Aupindi het die kwessie in die Nasionale Vergadering geopper en gesê dat die stad gedagvaar kan word as privaat eiendom beskadig word of as daar lewensverliese […]
Bokke se Chasing the Sun Two breek rekords - April 9, 2025
Die Springbokke se eenpunt-heldedade tydens 2023 se Wêreldbekertoernooi in Frankryk het verlede jaar gelei tot ‘n reeks wat die rekord verbeter het op M-Net. Die reeks van vyf episodes, Chasing the Sun Two – A Story for South Africa, het die meeste kykers gehad vir DStv kanaal 101 se tradisionele fliekaand-gleuf om agt-uur op ‘n […]
Volhoubare finansiële besluite onder die loep in April - April 9, 2025
April is finansiële geletterdheidsmaand en Old Mutual mik vir die opleiding van 8 500 mense vanjaar deur middel van sy On the Money-opleidingsmodule. Die hoof doelwit is opleiding vir beter, volhoubare finansiële besluite. Die hoof van bemarking en openbare betrekkinge by Old Mutual, Mignon du Preez, het meer.
As eenheidsregering oorleef, sal dit gebroke wees - April 9, 2025
Die politieke ontleder Daniel Silke sê as die regering van nasionale eenheid oorleef sal dit gebroke, onbestendig en relatief wisselvallig wees. Die krake is aan die verdiep terwyl die ANC en die DA van mekaar verskil oor die begroting. Silke sê eerder as om die DA uit te skop, sal die ANC uiteindelik toegee aan […]
Tariewe van 104% tree vandag in werking teen China - April 9, 2025
Die Verenigde State het Dinsdagmiddag gesê dat die 104 persent tariewe op invoere uit China kort na middernag in werking sou tree, selfs al het die Trump-administrasie beplan om vinnig onderhandelings te begin met ander lande wat deur president Donald Trump se tariewe geteiken word. Amerikaanse aandeelmarkte het na die nuus weer verswak. Globale markte […]
Brittanje vier eerste baba wat uit geskenkte baarmoeder gebore word - April 9, 2025
‘n Babadogtertjie wat as ‘n wonderwerkie beskou word, het die eerste kind in die Verenigde Koninkryk geword wat gebore is vanuit ‘n baarmoeder wat aan haar ma geskenk is. Die baba se ma, die 36-jarige Grace Davidson, is sonder ‘n funksionerende baarmoeder gebore en het haar suster se baarmoeder in 2023 ontvang. Dit was destyds […]
Begroting verbeter nie situasie in land: LPM - April 8, 2025
Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die party se vierde nasionale konvensie gesê hy is teleurgesteld in die begroting, veral die lae ontwikkelingsbegroting. Hy sê dit behoort die drywer van werkskepping te wees. Die begroting word nou verder bespreek in die Nasionale Vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, wat sê die […]
SABS se dienste ‘vervalle, gevaarlik’ - April 8, 2025
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde se bedrywighede word toenemend fyn dopgehou nadat die parlementêre komitee vir Handel, Nywerheid en Mededinging sy kommer uitgespreek het. Komiteelid Toby Chance het tydens ʼn oorsigbesoek aan die SABS se hoofkwartier in Pretoria gesê hy is ontsteld oor die vervalle dienste. Hy het aan die SABC gesê die toestand by […]
VSA-handelminister sê oor tariewe op pikkewyn-eilande - April 8, 2025
Die VSA se handelminister het die land se besluit verdedig om tariewe te hef op ‘n groep onbewoonde eilande met slegs pikkewyne en robbe. Howard Lutnick het aan CBS gesê die tariewe op die Heard en McDonald eilande is ingestel om “belaglike skuiwergate” toe maak en sal ander lande keer om skeepsvrag deur die eilande […]
Charles, Camilla vier 20ste huweliksherdenking in Rome - April 8, 2025
Koning Charles het vandag saam met die president van Italië ‘n kleurvolle verbyvlug dopgehou en ‘n krans vir gevalle soldate gelê. Vandag is die eerste volle dag van sy staatsbesoek saam met koningin Camilla, enkele dae ná sy jongste gesondheidskok. Die reis van vier dae volg minder as twee weke nadat die 76-jarige koning vlugtig […]