Kom sê jou sê oor samesmelting van Pep, Big Daddy, OK Furniture - April 8, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n openbare kennisgewing uitgereik vir belanghebbendes om ‘n konferensie oor die voorgestelde samesmeltings van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture by te woon. Rolspelers kan mondelinge of skriftelike voorleggings oor die voorgestelde samesmelting voor of by die konferensie te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina […]
Jaarlikse inflasiekoers vir drank daal, tabak styg - April 8, 2025
Die jaarlikse inflasiekoers vir alkoholiese drank het gedurende Maart op 5,1 persent gestaan, laer as die 6,9 persent wat in Maart 2024 aangeteken is. Volgens die jongste Verbruikersprysindeks is dit hoofsaaklik weens stadige prysverhogings van bier, ale en siders, wat van 8,1 persent tot 3,7 persent verlangsaam het. Die pryverhogings van whiskies het ook gedaal […]
Musk vra Trump om tariewe om te keer - April 8, 2025
Die miljardêr Elon Musk het glo vir Donald Trump gevra om sy tariewe om te keer. Washington Post verwys na twee bronne wat sê dis die grootste hoëprofiel-onenigheid tussen die uitvoerende hoof van Tesla en die Amerikaanse president. Dit volg op Trump se onthulling van ‘n basislyn-tarief van tien-persent op alle invoere en hoër heffings […]
Arsenal se Arteta sê Real Madrid is grootste uitdaging ooit - April 8, 2025
Sokker: Arsenal se hoofafrigter, Mikel Arteta, sê die wedstryd teen Real Madrid is een van die grootste uitdagings van sy loopbaan tot dusver. Die twee pak mekaar vanaand op die Emirates-stadion in Londen in die eerste wedstryd van hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd, terwyl die tweede wedstryd volgende Dinsdag op die Bernabéu plaasvind. Real, wat die titel al […]
NamBTS soek Saterdag jou bloed! - April 8, 2025
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou Saterdag sy landswye Red Saturday-veldtog om bloedskenkings te bekom in aanloop na Paasfees. Skenkings sal in verskeie sentrums regoor die land gemaak kan word. Die bemarkingshoof van die diens, Zita Tobin, het meer. Tobin lig die belangrikheid van bloedskenkings uit.
Du Plessis, Freyer wen Rock & Rut openingsbyeenkoms - April 8, 2025
Monique du Plessis en Martin Freyer het die elite vroue- en elite mansresies gewen in die openingsbyeenkoms van die 2025 Nedbank Rock & Rut veldresiesreeks by die IJG Trails in Kleine Kuppe. Freyer se wentyd was 1 uur, 18 minute en 56 sekondes ná ses baanrondtes. Du Plessis was die enigste inskrywing in die elite […]
Naute 106,8% vol, Hardap 77,7% - April 8, 2025
Daar was veranderinge in die stand van sommige damme. Die Von Bach het om 12-uur vanmiddag 78,9 persent gemeet, op van 74,2 persent gister. Die dam het oornag meer as 2,27 miljoen kubieke meter invloei gehad, volgens NamWater se jongste inligting. Hardap het 77,7 persent gemeet om 12-uur en water vloei steeds in teen 92,8 kubiek […]
Handelminister lê effek van Trump se tariewe op Namibië uit - April 8, 2025
Die Nasionale Vergadering het weer begin sit na ‘n week se onderbreking. Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe van 21 persent op Namibiese invoere het ter sprake gekom. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi het uiteengesit hoe die tariewe Namibië sal affekteer. TERUG: Die regering is tans in gesprekke met Amerika se ambassadeur na Namibië sowel as die […]
Wat word van efundja-water, wil Venaani weet - April 8, 2025
Die parlementslede het voortgegaan met ‘n vrae-sessie wat aan verskillende ministers gerig is. Die efundja in die noorde was voorop, met die PDM-president McHenry Venaani wat kennis gegee het dat hy eerste minister Elijah Ngurare sal vra oor planne om die water op te vang vir toekomstige gebruik.
Sukkelende suiwelsektor ‘kort dringende aanspreking met beleid’ - April 8, 2025
Reaksie word ontvang op die oorsig deur die Namibiese Landbou-unie vir die laaste kwartaal van 2024. Die suiwelsektor se winsgewendheid toon ‘n kommerwekkende neiging met klein winste wat tot 2017 aangeteken is en toe skerp begin daal het na amper 50 persent verliese teen 2022, en teen einde 2024 op net minder as 40 persent […]