Stad Windhoek vra hulp teen koperkabel-diefstal - April 8, 2025

Koperdiefstal is ‘n landwye hoofpyn wat net erger word. Die Stad Windhoek het alarm gemaak oor ‘n toename in koperkabel-diefstal in die hoofstad. ‘n Onlangse geval naby die Otjomuise-polisiekantoor is aangemeld. Die stad doen ‘n beroep op die publiek om te help om die oortreders te vang en om enige verdagte aktiwiteite aan te meld. […]

Read More

Staatsgetuie doodgeskiet in Kaapstadse hof - April 8, 2025

‘n Staatsgetuie is vanoggend doodgeskiet binne die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad. Mediese personeel het die slagoffer op die toneel dood verklaar nadat die persoon verskeie keer geskiet is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n moordsaak en die motief agter die voorval.

Read More

Afrika-petroleumprodusente sê ‘Afrika eerste’ vir olie, gas - April 8, 2025

Die Afrika-petroleumprodusente-organisasie het beklemtoon hoe noodsaaklik dit is vir Afrika om sy aansienlike olie- en gasbronne voorop te stel vir ontwikkeling van die kontinent. Die organisasie se sekretaris-generaal, Omar Farouk Ibrahim, sê ongeveer 75-persent van die olie in Afrika en 40-persent van sy gas word uitgevoer, terwyl ‘n aansienlike deel van die bevolking nie toegang […]

Read More

VN bekommerd oor brose skietstilstande - April 8, 2025

Die Verenigde Nasies sê skietstilstande raak broser en konflik meer onvoorspelbaar. Daarom moet vredespogings vinniger aanpas te midde van toenemende politieke spanning, verkeerde inligting en verwarring oor mandate. Volgens onlangse inligting is daar tans wêreldwyd minstens 150 gevalle van gewapende konflik wat die Israel-Hamas-oorlog insluit. Die VN-hoof van vredesoperasies, Jean-Pierre Lacroix, sê vredespogings kan wel […]

Read More

Geen besigheid soos gewoonlik, sê Nekundi - April 8, 2025

Tydens ‘n besoek aan Namport in Walvisbaai, het werke en vervoer-minister Veikko Nekundi die belangrikheid dat die land sy natuurlike hulpbronne bestuur om te voorkom dat welvaart die land verlaat, benadruk. Hy het ook gevra om plaaslike indiensneming, veral in mynbou, te prioritiseer om te verseker dat gemeenskappe voordeel trek uit die ontginning van hulpbronne […]

Read More

ActionSA skop vas teen RNE-voorstel - April 8, 2025

ActionSA sê hy sal geen oorweging gee aan die regering van nasionale eenheid voor die BTW-verhoging en wysigings aan die inkomstebelasting-kerf nie opgelos is nie. Volgens mediaberigte is daar Maandag tydens die ANC se werkskomiteevergadering onder andere voorgestel dat die koalisieregering verander word om ActionSA in te sluit. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê […]

Read More

Steel krag en dis 10 jaar tronk toe - April 8, 2025

Tadjikistan het tronkstraf van tien jaar ingestel vir die onwettige gebruik van elektrisiteit. Dit volg nadat ‘n dekade-lange energiekrisis, veroorsaak deur watertekorte in die arm Sentraal-Asiatiese land, vererger het. Die kragverbruik in Tadjikistan word vir ongeveer ses maande per jaar beperk, aangesien sy verouderde energie-infrastruktuur sukkel om tred te hou met die stygende aanvraag. Enige […]

Read More

Nieu-Seeland se hoofafrigter, Gary Stead, bedank as witbal-breier - April 8, 2025

Krieket: Nieu-Seeland se hoofafrigter in al drie formate, Gary Stead, gaan uittree uit witbal-krieket wanneer sy kontrak in Junie verstryk. Hy het die Swartpette in 2021 tot hulle eerste Wêreldtoetskampioenskapstitel gelei en verlede jaar ‘n ongekende toetssege van drie-nul oor Indië behaal. Stead sê hy sal in die volgende paar weke besluit of hy weer […]

Read More

NamRA oorskry invorderingsteiken, behaal amper 104% - April 8, 2025

NamRA het daarin geslaag om amper 104 persent van sy geteikende inkomste in die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het, in te samel. Die agentskap het 88,6 miljard Namibiese dollar ingevorder, 11 miljard dollar meer as in die vorige boekjaar. Kommissaris Sam Shivute het meer.

Read More

Begroting ‘n belangrike instrument om ongelykheid te beperk – Ramaphosa - April 8, 2025

President Cyril Ramaphosa het die goedkeuring van die nasionale begroting verdedig en gesê dit is ‘n belangrike instrument om ontwikkeling te bevorder, armoede uit te roei en ongelykheid te beperk. Die Parlement het verlede week die fiskale raamwerk goedgekeur, wat ‘n verhoging van 0,5-persent in BTW insluit. Hy sê die maatskaplike loon kan slegs volgehou […]

Read More