Tariewe: Starmer sê dis tyd vir koel koppe - April 8, 2025

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy regering sal veg om ʼn ekonomiese vennootskap met Amerika te verseker, terwyl hy ook probeer om handelsbeperkings met belangrike vennote wêreldwyd te verlaag. Dit volg ná president Donald Trump se omvattende wêreldwye tariewe. Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal slegs ʼn ooreenkoms met Amerika aangaan indien dit […]

Read More

Tweede kind sterf van masels in Texas - April 8, 2025

‘n Tweede kind is aan masels dood terwyl ‘n uitbreking van die hoogs-aansteeklike virus in die weste van Texas in die VSA vererger. Die skoolgaande kind was nie ingeënt nie, het geen onderliggende gesondheidsprobleme gehad nie en was in die hospitaal weens komplikasies met masels. Die suidelike Amerikaanse staat het tot dusver vanjaar meer as […]

Read More

NNN: Ontleder sê hy stel nie belang in geslag nie, maar bevoegdheid - April 8, 2025

Die kabinet van president Netumbo Nandi-Ndaitwah maak steeds opslae, veral oor die hoë getal vroue in die regering. Die president het met Al Jazeera ‘n onderhoud gevoer as die land se eerste vroue-president. Rui Tyitende, ‘n politieke ontleder, sê aan Henock TV dat hy meer belangstel in die bevoegdheid van die regering, as die geslag.

Read More

Outjo-veediefstal kring uit, NamPol vergader môre met boere - April 8, 2025

Veediefstal ruk handuit in die Outjo-distrik. Owerhede sê verdere ondersoek na Donderdag se stropery van 31 bees toon dat daar 51 diere gesteel en geslag is, wat die beraamde waarde op 600 000 Namibiese dollar te staan bring, dit sonder die oorskot van wild wat op die perseel gevind is. Dit kom na die voorval […]

Read More

Kospryse styg weer, vrugte is peperduur - April 8, 2025

Inflasie het in Maart op 4,2 persent ingekom, op van die 3,6 persent van Februarie. Vrugte het die grootste styging aangeteken op 17,3 persent. Koffie en tee is met 9,4 persent op en vis met 7,9 persent. Vleis is op met 7,4 persent. Groente het jou 7,1 persent meer uit die sak gejaag en brood […]

Read More

Borg vir ses verdagtes in N$30m bedrogspul - April 8, 2025

Die ses verdagtes in die beweerde bedrogspul van 30 miljoen Namibiese dollar in Walvisbaai, is vanoggend borg van 100 000 dollar elk toegestaan. Victoria George, glo die meesterbrein agter die skema, Cecilia Nakale, Abisai Ndeunjema, Windhoek-gebaseerde verpleegster Elizabeth Shikongo, ‘n beampte van korrektiewe dienste, Elizabeth Niilonga en Vitalis Iithete is in Februarie gearresteer omdat hulle […]

Read More

Daar’s nou genoeg son vir gras en lusern droogmaak, maar nie boontjies nie - April 8, 2025

Die Namibiese weerkenner George van der Merwe sê daar sal nou ‘n periode van droër toestande kom wat goed is vir boere wat veral gras en lusern wil sny en droogmaak. Hy waarsku dat boontjies dalk nie genoeg tyd gegun sal word nie omdat nog reënval moontlik is.

Read More

Twee sluise by Nautedam oopgetrek, Neckartal loop ook oor - April 8, 2025

NamWater het twee sluise op die Nautedam buite Keetmanshoop getrek. Die dam in tans op 105 persent en 200 kubiek per sekonde word vrygestel. Nautedam is in die Löwenrivier, suidwes van Keetmanshoop en vrygestelde water vloei stroomaf in die Löwenrivier en smelt uiteindelik saam met die Visrivier, wat ook oorloopwater vanaf die Neckartaldam dra. Hierdie gekombineerde […]

Read More

Maart se inflasiesyfer styg - April 8, 2025

Die inflasie vir Maart is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit het op 4,2 persent ingekom, teenoor 3,6 persent in Februarie maar steeds effe laer as die 4,5 persent in Maart verlede jaar. Woordvoerder Mirjam Shihepo het meer. Sone 3, wat die suide, Omaheke en Erongo insluit, het die hoogste inflasie aangeteken op 4,4 persent […]

Read More

Afrikanerbond is boos oor verdwyning van SABC2 Afrikaanse nuus - April 8, 2025

Die Afrikanerbond sê hy is bekommerd oor die verdwyning van die Afrikaanse nuusbulletin die afgelope naweek sonder enige kommunikasie van die SABC oor die redes vir die besluit. Die SABC se Nuus op SABC2 het ‘n lojale gehoor van meer as 300 000 kykers. Die hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan Bosman, sê die openbare uitsaaier […]

Read More