GOOD sê AfriForum moet bewyse van ANC-misdade oorhandig - October 13, 2025
Die GOOD-party sê indien AfriForum inligting het oor terreurdade wat in die apartheidsera onder die ANC of enige iemand anders se naam gepleeg is, moet dit aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig word. AfriForum het die Khampepe-kommissie versoek om vas te stel waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]
Rajoelina sal vanaand sy land toespreek - October 13, 2025
Madagaskar se president Andry Rajoelina sal die land vanaand toespreek na hy Sondag gesê dat ‘n poging vir ‘n staatsgreep aan die gang is. Dit kom na die weermag se elite CAPSAT-eenheid hom geskaar het by die sogenaamde GenZ-protesgangers. Die jongmense betoog sedert 25 September en eis Rajoelina se bedanking. Dit optogte het begin as […]
Zelensky is bemoedig deur Trump se Gaza-plan - October 13, 2025
Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hy is bemoedig deur die druk wat president Donald Trump op die partye in die Midde Ooste geplaas het om vrede te bewerkstellig, al is dit nog vroeg in die wedstryd. Hy het met Fox News gepraat en sê daar is ook hoop vir hulle.
Bejaarde boer loop deur onder veediewe - October 13, 2025
Die Erongo-polisie sê 15 bees is in die Tubusis-gebied in die Karibib-distrik gesteel met verdagtes wat eenvoudig die kraal se drade geknip het en die diere aangejaag het. Die klaer, ‘n 78-jarige pensioenaris, sê die diere is vermoedelik Donderdagnag gesteel. Volgens die mag is 12 diere lewend gevind met twee wat reeds geslag was. Een […]
Groot opgewondenheid oor Hardap se koringoes - October 13, 2025
Boere by die Hardapskema is tans besig om hulle koring af te rond en benut ruim waterbronne. Die dam se vlakke is tans op 62.7 persent. Die weeklikse dambulletin word vandag verwag en alle tekens is dat invloei by Naute en moontlik Neckartal kon voorgekom het maar nie by Hardap nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]
DA het kommer oor reaksietye van noodambulanse in Gauteng - October 13, 2025
Die DA in Gauteng sê ten spyte van swak reaksietye vir noodambulanse, beweer die Departement van Gesondheid dit het geen negatiewe uitwerking nie. Jack Bloom van die DA sê reaksietye van minder as 15 minute vir Prioriteit 1-oproepe in stedelike gebiede is vroeër aangeteken, maar hierdie standaard is nou laat vaar, en hulle gee slegs […]
Arm lande lamgelê in klimaatbestryding - October 13, 2025
Die Internasionale Instituut vir Omgewing en Ontwikkeling sê lande word gedwing om meer geld te leen om skuld te dek van ʼn klimaatskrisis waartoe hulle min bygedra het. Nuwe navorsing toon die wêreld se armste en kwesbaarste lande wat klimaatsverandering betref, bestee meer geld om skuld te delg as wat hulle ontvang om klimaatsverandering te […]
Esau eis N$260 000 in regskoste - October 13, 2025
Die kostebepalings vir Bernhardt Esau se saak om toegang tot sy fondse vir verdediging word vandag gedoen. Esau, wat gewen het, eis amper 260 000 Namibiese dollar in regsfooie teen die aanklaer-generaal. Die staat het gepoog om in Mei vanjaar in die hooggeregshof te appelleer maar het daar ook verloor. Esau het toegang tot sy […]
Amupanda se herstel na operasie vorder goed - October 13, 2025
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is tans in Johannesburg waar hy onlangs ‘n operasie naby sy nier ondergaan het. Amupanda sê hy is daar omdat die mediese tegnologie en tegnieke wat benodig was nog nie in Namibië beskikbaar is nie, ‘n probleem wat hy sê hy beplan om aan te spreek. Woordvoerder […]
AfriForum sê ANC-lede moet ook vervolg word vir terreurdade tydens apartheid - October 13, 2025
AfriForum het ‘n formele voorlegging by die Khampepe-kommissie van ondersoek ingedien vir ‘n ondersoek na politieke inmenging wat verhoed het dat ANC-leiers vervolg word vir terreuraanvalle tydens apartheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die Khampepe-kommissie is gestig na druk deur veral die families van die Cradock-4 om antwoorde te kry vir die redes […]