Bangladesj teken daling in Amerikaanse bestellings aan - April 8, 2025

Amerikaanse kopers het begin om bestellings vanuit Bangladesj, die wêreld se tweede grootste vervaardiger van kledingstukke, te stop. Dit volg ná swaar Amerikaanse tariewe wat die regering in Dhaka gedwing het om te pleit vir die opskorting van die heffings vir drie maande. Tekstiel- en kledingstukproduksie verteenwoordig ongeveer 80-persent van die uitvoere in Bangladesj en […]

Read More

Handelstekort krimp effe - April 8, 2025

Namibië het in Februarie ‘n handelstekort van 2 miljard Namibiese dollar aangeteken, ‘n verbetering op die 2,7 miljard dollar tekort in Januarie en die 3,9 miljard dollar tekort in Februarie verlede jaar. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap was uitvoere gedryf deur mynbouprodukte soos uraan, nie-monetêre goud, petroleum-olies en anorganise chemikalieë. Vis was oudergewoonte die enigste nie-minerale […]

Read More

EFF dien voorstelle vir alternatiewe inkomste in, verwerp BTW-verhoging - April 8, 2025

Die EFF het voorstelle vir alternatiewe inkomste-verhaling by die Nasionale Vergadering ingedien. Hulle is gekant teen die BTW-verhoging in die 2025 fiskale raamwerk. Die begroting wat verlede week in die Parlement aanvaar is, sluit ʼn BTW-verhoging van 0,5-persent vir die volgende twee boekjare in. Die EFF-voorstelle sluit onder meer in aanpassings vir inflasie in belastingkerwe […]

Read More

VSA en Iran gesels Saterdag oor kernprogram - April 8, 2025

President Donald Trump sê die VSA sal regstreekse samesprekings met Iran voer oor sy kernprogram, terwyl hy die Iraniërs waarsku dat hulle in groot gevaar sal wees as die samesprekings nie daarin slaag om hulle te oorreed om hul kernwapenprogram te laat vaar nie. Teheran het op sy beurt bevestig dat samesprekings sou plaasvind, maar […]

Read More

Dan Biggar tree af - April 8, 2025

Die voormalige losskakel van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, Dan Biggar, gaan die einde van die huidige seisoen uittree. Die 35-jarige sal sy loopbaan by die Franse klub Toulon afsluit. Biggar het 633 punte aangeteken in 112 toetse vir Wallis vanaf 2008 tot 2023, en was ook deel van die Leeus se toer […]

Read More

Paaie was reeds swak, reën vererger infrastruktuur probleme - April 8, 2025

Die Paaie-owerheid sê helfte van die land se paaie het reeds hul leeftyd oorskry en met die reën is infrastruktuur verder verswak. Talle roetes, veral grondpaaie, is erg beskadig en die owerheid het reeds spanne ontplooi vir herstelwerk. Baie van die roetes is in die Kunene-streek in toerisme gebiede. Die pad tussen Sorris Sorris en […]

Read More

Pretoria-meisieshoërskool nader hof oor rassisme bevindings - April 8, 2025

Die Pretoria High School for Girls se beheerliggaam het weer ʼn hofaansoek ingedien om die onafhanklike ondersoekverslag oor bewerings van rassisme by die skool te laat hersien en tersyde te stel. Die ondersoek handel oor bewerings van leerders se betrokkenheid by ʼn WhatsApp-groep, waar boodskappe met beweerde rasse-ondertone gedeel is. Die Gautengse Onderwysdepartement het in […]

Read More

Bibi sê hulle werk hard om gyselaars te bevry - April 8, 2025

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy werk saam met Amerika se spesiale gesant, Steve Witkoff, aan ʼn ooreenkoms om nog gyselaars vry te laat wat in Gaza deur Hamas gevange gehou word. Netanyahu het gister met president Donald Trump by die Withuis vergader. Van die 251 gyselaars wat Hamas tydens die 7 Oktober-aanval […]

Read More

Gemeenskapsprojek staan Keetmans leerders by - April 8, 2025

Die ZTT AME Kerk Ememe Vennootskapsprojek, wat ‘n jaar gelede gestig is om gemarginaliseerde gemeenskappe te ondersteun, het 20 000 Namibiese dollar in onderwysstoelae aan 16 studente toegeken tydens ‘n seremonie in Keetmanshoop. Die projek fokus op onderwys, missie, evangelisasie, bestuur en ekonomiese bemagtiging, met die doel om minderbevoorregte gemeenskappe op te hef. Aletha Fredericks, […]

Read More

Veterane-wet moet spoedig aangepas word vir weeskinders  - April 8, 2025

Die Vereniging van Afhanklikes van Namibiese Veterane het die parlement se aankondiging verwelkom om die Wet op Veterane te wysig om vir die kinders van die bevrydingstryd voorsiening te maak en hul finansiële las te verlig. Borro Ndungula, woordvoerder van die vereniging, het vir die spoedige implementering hiervan gevra. 

Read More