Limpho Hani vra geregtelike ondersoek na dood van haar man, Chris - April 8, 2025
Die anti-apartheidsaktivis, Chris Hani se weduwee, Limpho Hani, het haar oproep herhaal dat president Cyril Ramaphosa ‘n geregtelike ondersoek moet instel na sy dood. In die aanloop tot die 32-jaar herdenkingsgeleentheid in die Oos-Kaap later die week het die struggle-held se weduwee en lede van die SAKP Maandag ‘n kransleggingseremonie by die South Park-begraafplaas in […]
Nigeriese owerhede behaal groot sukses met oliebendes - April 8, 2025
Nigeriese troepe het 43 vermeende oliediewe gearresteer en beslag gelê op meer as 254 000 liter gesteelde brandstof in ‘n reeks operasies regoor die olieryke Niger-delta. Die weeklange bedrywighede tussen 31 Maart en 6 April het onwettige raffinaderingsplekke en vervoernetwerke wat deur oliediewe gebruik is geteiken, volgens die waarnemende leërwoordvoerder Danjuma Jonah Danjuma. Troepe het […]
Kanada lê klag oor Trump-tariewe - April 8, 2025
Kanada het ‘n klagte by die Wêreldhandelsorganisasie gelê oor die swaar tariewe wat Amerikaanse president Donald Trump ingestel het op motorinvoere. Die organisasie sê Kanada het die Verenigde State gevra vir konsultasies oor geskille rondom Amerikaanse maatreëls wat ‘n belasting van 25-persent op Kanadese motors en motoronderdele plaas. Kanada se regering het in sy versoek […]
Dagga-vonds op Ariamsvlei – nog vier agter tralies - April 8, 2025
Die Namibiese polisie sê nog vier mans is gearresteer in verband met die vonds van 27 kilogram dagga wat Maandag by Ariamsvlei-grenspos gevind is. Die waarde word op 1,36 miljoen Namibiese dollar beraam. Die vier mans, almal Namibies, is 18, 30, 31 en 40 jaar oud. ‘n Suid-Afrikaner, 31, is reeds in hegtenis geneem. Nog ‘n […]
Jongste oor Opuwo-water - April 8, 2025
NamWater sê dat die grootse deel van Opuwo water het na ‘n kritiek-belangrike toevoerpyplyn weer in werking gestel is. Die boorgatpompe by drie boorgate is ook herstel. Die 250mm toevoerpyplyn is egter nog onder water en modder in die rivierbedding. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamWater se woordvoerder, Lot Ndamanomhata, wat ‘n opdatering gee […]
DA sê Gauteng is R31 miljard agter in skool instandhouding - April 8, 2025
Die DA in Gauteng berig provinsiale skole gaan agteruit en het ‘n agterstand van 31,3 miljard Suid-Afrikaanse rand in instandhouding. Die DA-lid, Michael Waters, sê ten spyte hiervan is slegs 427 miljoen rand of 1,36 persent van die nodige fondse vir herstelwerk in die 2024/2025-boekjaar bewillig. Waters beweer die toestande vir leerders is onveilig aangesien […]
China belowe vergelding as Trump 50% hef - April 8, 2025
China sê hy sal verdere vergeldingstappe doen as die Amerikaanse president Donald Trump sy dreigement uitvoer om ‘n bykomende 50-persent tarief op Chinese goedere te plaas. Die nuwe tarief kan beteken dat sommige Amerikaanse maatskappye wat goedere van China invoer 104-persent invoerbelasting moet betaal. Die Chinese ministerie van Handel sê Trump se dreigement lê weer […]
Kavango Wes bevestig duisende malaria-gevalle - April 8, 2025
Kavango Wes het meer as 6 700 gevalle van malaria van Januarie tot Maart vanjaar aangeteken en minstens ses lewens is geëis. Dit is ondanks beheermaatreëls soos nette en muskietdoders. ‘n Nuwe malaria-saal is onlangs by die Nkurenkuru-gesondheidsentrum geopen omdat die Nankudu-hospitaal oorvol is. Die streek het ook 41 gesondheidswerkers aangestel om te help om […]
Vermeende beesslagters van Outjo verskyn - April 8, 2025
Die vier vermeende beesslagters van Outjo sal weer op 10 Julie in die hof op die dorp verskyn. Landdros Peingonjabi Shipo het beveel hulle bly in aanhouding. Killian Masela, 47, Mathues Kataeko, 34, Vevangapi Kambampa, 30, en Titus Nekongo, 41 word daarvan beskuldig dat hulle verlede week 31 beeste in die Outjo-distrik van twee plase […]
Landbou-ontleder sê ook tariewe sal geringe impak hê - April 8, 2025
Handelskenners sê Namibië hoef nie te veel bekommerd te wees oor Amerikaanse invoertariewe nie. Net 2,6 persent van die land se totale uitvoere verlede jaar was na die VSA, waarvan landbou-uitvoere minder as 0,02 persent uitgemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landboukenner Wallie Roux oor wat dit gaan beteken vir ons vleis-uitvoere […]