Reaksie op verlaging van visumkostes vir passasierboot-besoekers - April 8, 2025
Namibië het sover meer as 10 000 aanlyn visumaansoeke goedgekeur, met die ministerie van binnelandse sake wat sê nog aansoeke word aanlyn ontvang sedert die bekendstelling van die e-visum aan die begin van hierdie maand. Daar was kommer oor die kostes van veral passasiersbote wat 1 600 Namibiese dollar vir ‘n dagbesoek sou moes betaal […]
Game of Thrones se dire-wolwe is terug - April 8, 2025
Romulus en Remus, en hulle halfsussie Khaleesi is die wêreld se eerste uitgestorwe diere wat weer herleef is. Hulle is dire-wolwe wat meer as 10 000 jaar gelede uitgesterf het. Die Amerikaanse Colossal Biosciences het die wolwe teruggebring met behulp van genetiese wysigings afgelei van ‘n volledige dire-wolfgenoom, wat die maatskappy uit antieke DNS gevind […]
Amushelelo in minagting, tronk toe tot Woensdag se vonnis - April 8, 2025
Aktivis Michael Amushelelo is in minagting van die hof gehou en gearresteer nadat hy in die hoërhof na regters as “puppets” en “mini gods” verwys het. Waarnemende regter Doris Hans-Kaumbi sê sy uitsprake is ‘n duidelike aanval op die onafhanklikheid van die regbank. Sy het beveel hy moet tot Woensdagoggend by Windhoek korrektiewe fasiliteit aangehou word, wanneer […]
Efundja: Duisende leerders bly tuis - April 8, 2025
Die noordelike streke loop tans kwaai deur onder oorstromings. Die Ohangwena-streekraad het tientalle mense na tydelike skuilings verskuif. Ohangwena-goewerneur Sebastian Ndeitunga sê gebiede in die Ongenga, Engela en Oshikango-kiesafdelings word erg geraak. In Onamhinda en Eshoke is huise heeltemal onder water en mense is vasgekeer in plekke soos Onghala B-dorpie, omring deur water. Dokters is […]
Mashatile verduidelik onteieningsproses - April 8, 2025
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering sal nie mense se woonhuise neem as deel van die grondonteieningspogings nie. By die Ahmed Kathrada Erfenis Sake-ontbyt in Gauteng, het Mashatile gesê die fokus bly op die herverdeling van groot stukke grond wat deur ‘n paar individue besit word om billiker grondbesit te verseker. Mashatile beklemtoon dat […]
Tariewe sal nie opgehef word nie, maar onderhandelings welkom – Trump - April 8, 2025
Terwyl aandelemarkte regoor die wêreld steier na Amerikaanse president Donald Trump invoertariewe op alle lande ingestel het, dreig Trump om tariewe op China verder te verhoog. Hy het by ‘n Withuis-perskonferensie Maandag saam met Israelse premier Benyamin Netanyahu gesê hy sal tariewe op China met 50 persent verhoog as die land nie sy vergeldingstariewe van […]
Eerste minister reageer op Usakos-grumoorde van ouma, kleinkinders - April 7, 2025
Die land is steeds in skok na die grumoorde Saterdagnag in Usakos op ‘n 90-jarige vrou, vier van haar jong kleinkinders en haar 18-jarige kleindogter. ‘n 17-jarige familielid is van hul moord aangekla na hy hulle met onder meer ‘n byl aangerand en hul liggame aan die brand gesteek het. Die regering het ook op […]
Amushelelo nooi alle Namibiërs na hofuitspraak - April 7, 2025
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo nooi alle Namibiërs om vanaand om 8-uur na uitspraak in sy dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof te gaan luister. Hy vra in die aansoek dat waarnemende regter Anne-Doris Hans-Kaumbi, wat die dringende aansoek aanhoor wat teen hom gebring is deur polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo, moet onttrek. Dit kom na die […]
Aandelemarkte stort in duie, Trump hou by tariewe - April 7, 2025
Aandelemarkte en oliepryse het vandag verder in duie gestort terwyl die Amerikaanse president, Donald Trump, vasstaan oor sy tariewe ondanks vrese vir ‘n resessie. Markte reg oor Asië en Europa is oorweldig deur golwe van verdere verkope na skerp verliese verlede week. Hongkong se daling van 13,2-persent was die ergste in byna drie dekades. Taipei […]
SA Onder-17 sokkerspan kwalifiseer vir Wêreldbeker in Katar - April 7, 2025
Sokker: Die Onder-17 Suid-Afrikaanse nasionale seunspan het gekwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Katar in November – die eerste keer sedert 2015. Afrigter Vela Khumalo se span het hierdie deurbraak behaal as naaswenners in Groep B met Burkina Faso as groepswenner in die Afrikabekertoernooi wat tans in Marokko plaasvind. Suid-Afrika is die vierde keer deur na […]