NLU verwelkom lang tronkstraf vir Christoff Mungunda se moordenaar - April 7, 2025
Die Namibië Landbou-unie verwelkom die 25 jaar tronkstraf wat regter Philanda Christiaan die moordenaar van die bekende Omaheke-boer, Christoff Mungunda, in die Windhoekse Hoërhof opgelê het. Die unie sê die beslissing bevestig nie net Namibië se verbintenis tot geregtigheid nie, maar versterk ook die grondslagwaardes van vertroue, respek en die heiligheid van die lewe wat […]
Plae knoei voedselproduksie: adjunk-landbouminister - April 7, 2025
Adjunk-landbouminister Ruth Masake sê die regering se pogings om plaaslike voedselproduksie te ondersteun, word deur plae soos sprinkane en kommandowurms uitgedaag. Sy het gepraat in Linyanti in die Zambezi-streek, en het gewasskade beklemtoon asook die behoefte om afhanklikheid van voedselinvoere te verminder. Masake is aan die woord.
DA-ministers wat in kabinet aanbly kry kritiek - April 7, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile het DA-ministers gekritiseer omdat hulle in die kabinet aanbly nadat hulle teen die nasionale begroting gestem het. Hy het op die Ahmed Kathrada-erfenis-sake-ontbyt in Gauteng die DA se voortgesette deelname aan die regering van nasionale eenheid bevraagteken terwyl hulle die belangrikste fiskale plan verwerp het. Mashatile sê sulke optrede ondermyn eenheid en […]
Leclerc hoop Ferrari het lesse geleer by Suzuka - April 7, 2025
Motorsport: Charles Leclerc van Ferrari erken dat hulle baie werk het om te doen om die motor mededingender te maak. Die bestuurder van Monaco het vierde geëindig in gister se Japannese Grand Prix, 13 sekondes voor sy Britse spanmaat Lewis Hamilton, wat sewende was. Ferrari is reeds 76 punte agter die voorloper, McLaren, in die […]
Bank van Namibië waarsku oor vals beleggingsvideo - April 7, 2025
Die Bank van Namibië het ‘n waarskuwing aan die publiek uitgereik oor ‘n valse video wat op sosiale media versprei word. Die video is met KI vervaardig. In die video nooi die goewerneur van die Sentrale Bank, Johannes! Gawaxab, Namibiërs om in ‘n sogenaamde geleentheid vir topontwikkelaars te belê. Josefina Oskar, die bank se kommunikasiebeampte, […]
Capricorn Eagles durf Uganda aan in opwindende reeks - April 7, 2025
Namibië se nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, sal teen Uganda te staan kom in die komende Capricorn Eagles-reeks, wat van môre tot 17 April by die Hoëprestasie Krieket-ovaal sal plaasvind. Die reeks bestaan uit ses T20-wedstryde en een 50-boulbeurt wedstryd, wat albei spanne die geleentheid bied om hul posisie op die internasionale ranglys te verbeter […]
Ariamsvlei-polisie vang man met N$1,36 miljoen se dagga - April 7, 2025
NamPol op Ariamsvlei het ‘n 31-jarige Suid-Afrikaanse man gearresteer met meer as 27kg dagga wat sowat N$1,36 miljoen werd is. ‘n Intelligensie-geleide operasies het daartoe gelei dat die verdagte in besit van twee groot sakke wat 26 verpakte sakke dagga bevat het betrap is. Die polisie vermoed dat verskeie mense wat ‘n sindikaat vorm by […]
NNN hou voet by stuk oor olie-, gassektor in haar kantoor - April 7, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n onderhoud met Al Jazeera gevoer waarin sy ongelykheid, grond, die jeug, werkloosheid en ander uitdagings met die internasionale nuuskanaal bespreek het. Haar besluit om die olie- en gassektore na haar kantoor toe te skuif het kritiek uitgelok uit verskeie oorde maar, sy hou voet by stuk dat die bedrywe gemonitor […]
Hardap 76,3% vol, Neckartal loop glo oor - April 7, 2025
Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die belangrike Hardapdam 76,3 persent vol na dit die afgelope week invloei van net onder 4,7 miljoen kubieke meter gehad het. Die Von Bach staan op 74,2 persent, die Swakoppoort op 102,5 persent en die Omatako op 79,1 persent. In die Ooste is die Otjiverodam op 20 persent en […]
Rand val skerp teen Britse pond, euro - April 7, 2025
Vanoggend het die Suid-Afrikaanse rand rekordlaagtepunte teen die Britse pond en die euro getref, terwyl dit teen R19,38 Amerikaanse dollar verhandel het. Die dollar-wisselkoers is nog redelik stabiel, hoewel hoog, vanweë die geldeenheid se huidige swakheid. Dit kan moontlik ‘n invloed op Namibië se brandstofpryse en invoere hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die […]