Regering werk aan teen-tariewe strategie - April 7, 2025

Die regering werk aan strategieë om die impak van Amerikaanse tariewe op veral beesvleis- en vis-uitvoere te bekamp. Hoewel dit ‘n geringe deel van Namibië se totale uitvoere beslaan, sal tariewe wel ‘n impak hê. Die uitvoerende direkteur in die handelsministerie, Penda Naanda het meer.

Read More

Meeste van Opuwo se water herstel - April 7, 2025

NamWater sê dat die grootse deel van Opuwo weer water het. Die 300mm voerderpyplyn wat drie kritieke boorgate met die versamel-reservoir verbind, is weer in werking. Die boorgatpompe by hierdie bronne is ook weer geaktiveer. Die 250mm voerderpyplyn is egter nog onder water en modder, en sal herstel word sodra dit moontlik is. ‘n Watertenkwa […]

Read More

DA kan maar skoert uit regering: SAKP - April 7, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty herhaal sy oproep dat die DA uit die regering van nasionale eenheid verwyder moet word. Dit volg nadat die party verlede week in die Parlement weens die BTW-verhoging teen die fiskale raamwerk gestem het. Die sekretaris-generaal van die SAKP, Solly Mapaila, sê die DA het op arrogante wyse aangevoer daar kan nie […]

Read More

Dis Bulle teen Edinburgh in Uitdaagbeker kwarteindronde - April 7, 2025

Rugby: Die enigste oorblywende Suid-Afrikaanse span in die Uitdaagbekerkompetisie, die Bulle, speel Saterdag in die Skotse hoofstad teen Edinburgh in die kwarteindronde. Die Bulle het die afgelope naweek die Franse span Bayonne 32-22 verslaan in die ronde van 16, terwyl die Skotte die Haaie uitgekakel het. In die ander kwarteindstryde sal die Franse span Lyon […]

Read More

Aanvullende kieser-registrasie in 5 kiesafdelings op pad - April 7, 2025

Die Namibiese Verkiesingskommissie sal aanvullende kieser-registrasie vir die tussenverkiesing in vyf kiesafdelings doen. Dit is vir kiesers om te stem vir nuwe streeksraadslede na die ander reeds hul amp in die Nasionale Vergadering beklee het. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die kommissie, gesels. Die tydperk sal van 10 tot […]

Read More

ANC se nasionale werkskomitee kyk na RNE-toekoms - April 7, 2025

Die ANC se nasionale werkskomitee vergader vandag om die pad vorentoe te bespreek wat die regering van nasionale eenheid betref. Die verhouding tussen die twee grootste partye in die koalisieregering, die ANC en die DA, is gespanne nadat die DA verlede week teen die aanvaarding van die fiskale raamwerk gestem het. Adjunkpresident Paul Mashatile sê […]

Read More

VSA herroep alle Suid-Sudanese visums - April 7, 2025

Die Verenigde State het visums vir alle Suid-Sudanese paspoorthouers herroep, en verwys na die land se weiering om gedeporteerde burgers terug te aanvaar. Die besluit kom te midde van vrese vir hernude burgeroorlog in Suid-Sudan en volg op die VSA se bevel aan nie-noodsaaklike personeel om die land te verlaat. Volgens die BBC, het die […]

Read More

Alcaraz tevrede met sy spel aan begin van die Europese kleibaanseisoen - April 7, 2025

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, is tevrede met die manier waarop hy tot dusver die seisoen speel. Dit is ondanks die Spanjaard se nederlaag in die halfeindronde van die Indian Wells Ope, en nadat hy onverwags in die eerste ronde van die Miami Ope uitgeskakel is. Die eerste toernooi van die Europese kleibaanseisoen […]

Read More

Weermag staan vloegeteisterde Oshana by - April 7, 2025

Die weermag se helikopters is in die Oshana-streek ontplooi na efundja groot skade aangerig het en verskeie gebiede heeltemal afgesny het en paaie beskadig het. Vyf kiesafdelings word geraak. Die streeksgoewerneur Elia Irimari sê bystand word gebied en die rampbestuursreaksie is verskerp.

Read More

Dis onwaarskynlik dat BTW-verhoging geskrap sal word – Cyril - April 7, 2025

President Cyril Ramaphosa het daarop gesinspeel dat dit onwaarskynlik is dat die Tesourie ‘n manier sal vind om die BTW-verhoging te skrap. Die begroting is verlede week in die Parlement goedgekeur met ‘n nie-bindende aanbeveling vir die Tesourie om oor 30 dae alternatiewe te vind vir die BTW-verhoging en nie-aanpassing van belastingskale. Ramaphosa het gister […]

Read More