Grootste wêreldbestemmings bedreig deur klimaat - April 7, 2025
Klimaatsverandering is besig om toerisme te verander en bedreig bestemmings soos die Maldives en Australië se Great Barrier Reef. Volgens die Verenigde Nasies kan stygende seevlakke die grootste deel van die Maldives teen 2100 onder water laat, terwyl oseane wat warmer word koraalriwwe beskadig. Die veranderings sal na verwagting natuurlike besienswaardighede en plaaslike ekonomieë ontwrig […]
A Minecraft Movie heel bo by die loket - April 7, 2025
Warner Brothers se kindervriendelike rolprent, A Minecraft Movie, was in sy openingsnaweek die wêreld se grootste lokettreffer. Die rolprent met sterre soos Jason Momoa, Jack Black en Jennifer Coolidge, is gegrond op Mojang Studios se gelyknamige videospeletjie. Dit gaan oor vier wanaangepaste karakters wat skielik in ‘n misterieuse portaal ingetrek word na ‘n bisarre wonderlandskap […]
Verdagte in Usakos-massamoord is 17 - April 7, 2025
Die polisie op Usakos het ‘n 17-jarige seun van moord aangekla na die grumoorde Saterdag in die Hakhaseb-informele nedersetting op die dorp. Die verdagte het na bewering in die vroeë oggendure van Saterdag ses mense met ‘n byl en knopkierie geslaan en hul liggame daarna aan die brand gesteek. Die oorledenes is ‘n 90-jarige vrou, […]
Meer as brandstofprys voordeel in laer olieprys - April 7, 2025
Die uiters lae Brent ru-olieprys, tans net bo 63 Amerikaanse dollar, bly in die nuus. Die kommoditeit het met 10 persent die afgelope week gedaal na president Donald Trump se tariewe en China se vergelding daarvoor wat vrese vir ‘n handelsoorlog aanvuur. ‘n Beplande produksieverhoging deur Opul en sy vennote dra ook by tot die […]
GRN-besteding: Waar is die deursigtigheid - April 7, 2025
Die 2025-26 begroting is vaag en kan as ondeursigtig beskou word na president Netumbo Nandi-Ndaitwah ministeries geskommel het, en mandate verskuif het. Die Tender Bulletin berig dat daar geen aanduiding is van die verspreiding van besteding oor die administratiewe, ekonomiese, maatskaplike en sekuriteitsklusters nie. Die publikasie het sy kommer oor deursigtigheid in verband met die […]
Opbrengs per millimeter reën baie goed vanjaar, kenner verduidelik - April 7, 2025
Vanjaar se reënseisoen wat nie net goed oor die groot volumes reën wat geval het nie maar ook as gevolg van die gepaardgaande lae temperature, hoë vog en voortdurende reënval. Dus, is die droë massa per millimeter reën vanjaar uiters goed en weiding het baie verbeter, ook met diverse grassoorte. Die ekoloog en weidingskenner, dr. […]
Suiwelsektor sukkel, maar produseer meer melk - April 7, 2025
Die Namibiese Landbou-unie het sy oorsig vir die vierde kwartaal van 2024 gepubliseer. Die suiwelsektor se winsgewendheid toon ‘n kommerwekkende neiging met klein winste wat tot 2017 aangeteken is en toe skerp begin daal het na amper 50 persent verliese teen 2022 en teen einde 2024 net minder as 40 persent verliese gestaan het. Voerkoste, […]
Lüderitz werk hard aan bykomende waterinfrastruktuur - April 7, 2025
Safland Property Group beplan om Lüderitz se eerste inkopiesentrum te bou, ‘n ontwikkeling van 210 miljoen Namibiese dollar. Die sentrum sal na verwagting in November 2026 sy deure open. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, burgemeester van Lüderitz, gepraat en gevra of dié dorp oor genoeg water vir so ‘n projek beskik:
Tariewe: Zim sal tariewe op VSA-invoere ophef - April 7, 2025
Die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa sal alle tariewe op Amerikaanse produkte ophef, in ‘n poging om verhoudings met die VSA te verbeter. President Donald Trump het 18 persent tariewe op Zimbabwiese produkte gehef, waarvan die groter meerderheid uitvoere tabak beslaan. Mnangagwa sê die opheffing is bedoel om die uitbreiding van Amerikaanse invoere binne die Zimbabwiese […]
Starmer sal sy retoriek oor tariewe moet versterk - April 7, 2025
Die voormalige Britse ambassadeur na die VSA, sir Nigel Sheinwald sê die Britse premier Keir Starmer het die regte aanslag geneem om nie vergeldende tariewe teen die VSA in te stel nie, maar die opsie wel op die tafel hou. Starmer is gekritiseer oor die standpunt na tariewe op Britse produkte ingestel is. Sheinwald het […]