Lithgow wen groot by Olivier-toekennings - April 7, 2025

John Lithgow en Lesley Manville was van die groot wenners by die Olivier-toekennings in Londen se Royal Albert Hall. Die afgelope jaar se prestasies is Britse teater is gevier. Lithgow is aangewys as beste akteur vir sy rol in Giant terwyl Manville die toekenning vir beste aktrise gewen het vir Oedipus. Eline Arbo het die […]

Read More

EIF help banke en NNF om toegangsentiteite vir Groen Klimaatsfonds te word - April 7, 2025

Die Omgewing Beleggingsfonds hou vandag en môre ‘n slypskool om die Namibiese Natuurstigting, Agribank, Bank Windhoek en die Ontwikkelingsbank te ondersteun om geakkrediteer te word as Direkte Toegangsentiteite vir die Groen Klimaatfonds. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die fonds se woordvoerder, gesels.

Read More

Tariewe: Meer as 50 lande reik uit na Withuis - April 7, 2025

Meer as 50 lande het na die Withuis uitgereik om te onderhandel nadat president Donald Trump wêreldwyd handelstariewe ingestel het. Dit is volgens die direkteur van Amerika se Nasionale Ekonomiese Raad, Kevin Hassett. Trump se algemene 10 persent-belasting op invoerprodukte is nou van krag en hierdie week volg nog hoër tariewe vir talle lande, insluitend […]

Read More

Tien Britte beskuldig van oorlogsmisdade in Gaza - April 7, 2025

Die Britse polisie wag op ‘n oorlogsmisdaadverslag teen tien Britte wat in die Israelse weermag in Gaza diens gedoen het. Die verslag van 240-bladsye beweer die mans was betrokke by moorde op burgerlikes en hulpwerkers. Een van die vooraanstaande menseregte-prokureurs in Brittanje, Michael Mansfield, het aan The Guardian gesê die Britse burgers mag volgens wet […]

Read More

Gebrek aan bestendigheid kommer Blitsbok-breier - April 7, 2025

Springbok Sewes-afrigter, Philip Snyman, is bekommerd oor sy span se gebrek aan bestendigheid. Die Blitsbokke het Australië met 26-7 uitoorlê om die negende plek in die Singapoer-sewesreeks te behaal, terwyl Fidji vir ‘n vierde keer as kampioen gekroon is nadat hulle Kenia met 21-12 in die eindstryd in Kallang verslaan het. Snyman sê hulle het […]

Read More

Drie vermeende dwelmhandelaars oor die naweek vas - April 7, 2025

Daar was weer verskeie beslagleggings op dwelms oor die naweek. Op Tsumeb is ‘n vermeende handelaar in Kuvukiland aangekeer in besit van skunk-dagga, bankies dagga, daggasaad, en verskeie Mandrax-tablette, sommige reeds gebreek. Die totale waarde beloop net meer as 29 000 Namibiese dollar. Kontant van 1 400 dollar is ook gevind. Hy sal vandag in […]

Read More

Waarskuwing gerig aan inwoners van laagliggende gebiede by die Vaaldam - April 7, 2025

Inwoners in laagliggende gebiede naby die Vaaldam is gewaarsku om te ontruim weens die gevaar van oorstromings. Sondag is ʼn vyfde sluis oopgemaak om toenemende watervlakke te bestuur weens voortdurende reënval in die Vaalrivier se opvangsgebied. ʼn Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die dam is meer as 100-persent vol, […]

Read More

Macron het kommer oor voortdurende aanvalle op Oekraïne - April 7, 2025

Die Franse president Emmanuel Macron veroordeel Rusland se onlangse missielaanvalle in Oekraïne. Twintig mense, insluitend nege kinders, is Vrydag in ʼn Russiese ballistiese-missielaanval in die sentrale Oekraïnse stad, Kryvyi Rih, dood. Macron sê Oekraïne het ʼn Amerikaans-gesteunde voorstel vir ʼn volledige en onvoorwaardelike skietstilstand van 30 dae aanvaar, maar Rusland verskerp sy militêre veldtog sonder […]

Read More

Mimi vat Johannesburg Ope - April 7, 2025

Mimi Rhodes van Engeland het die Johannesburgse Vroue-Ope by die Modderfontein-gholfklub met een hou gewen en haar tweede agtereenvolgende Europese Toer-titel vir Vroue opgeraap. Die 23-jarige speler het ʼn ronde van twee onder 71 behaal om op 14 onder eerste op die voorlopersbord te eindig. Die Suid-Afrikaner, Casandra Alexander, het in die laaste ronde 69 […]

Read More

Vrou verloor N$840 000 deur Anydesk  - April 7, 2025

Die Namibiese polisie sê ‘n 48-jarige vrou van Aranos is bedrieg uit 840 900 Namibiese dollar. Volgens die mag is die vrou geskakel deur iemand wat hom voorgedoen het as ‘n werker by Telecom Namibia en dat hulle haar wifi-stelsel moet opdateer. Sy is opdrag gegee om Anydesk af te laai en sy instruksies te […]

Read More