MK sê hy’s nie nalatig oor sy setels nie - April 7, 2025
Die MK-party ontken dat nalatigheid die rede is vir sy vyf beskikbare plekke in die Parlement. Sekretaris-generaal Floyd Shivambu sê die setels sal na 29 Mei gevul word in ooreenstemming met die verkiesingstydlyn. Hy voeg by die party gaan hierdie reël uitdaag. MK het hom ook gedistansieer van die Parlement se 2025-begrotingsraamwerk en sê hy […]
Dis Wêreldgesondheidsdag - April 7, 2025
Wêreldgesondheidsdag word vandag herdenk en kyk na moeder- en pasgebore gesondheid onder die tema “Gesonde begin, hoopvolle toekoms”. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf byna 300 000 vroue jaarliks as gevolg van swangerskapverwante probleme, met meer as twee-miljoen sterftes onder pasgeborenes. Die veldtog vra hernude wêreldwye belegging om lewens te red. Die organisasie beklemtoon ondersteuning vir vroedvroue, […]
Slot sê sy manne is nie moeg nie - April 7, 2025
Die voorlopers Liverpool het slegs hulle tweede Premierliga nederlaag van die seisoen gelei toe hulle met 3-2 teen Fulham op Craven Cottage verloor het. Arno Slot se span het die kans verbrou om met 14 punte teen Arsenal voor te loop. Die heersende kampioene, Manchester City, het met nul-nul gelykop gespeel teen Manchester United op […]
Walvis-inwoners woedend oor beplande plakkershut-heffings - April 7, 2025
Die gemeenskapsaktivis Knowledge Ipinge het in ‘n brief aan die Walvisbaai-munisipaliteit gedreig met massa-protesaksie sou die owerheid voortgaan met sy planne om agterplaas-plakkershutte te belas. Hy sê die blote feit dat die owerheid die stap sou oorweeg beteken dat hulle weet die situasie is hier om te bly as gevolg van hulle mislukking om behuising […]
Arbeidsvakbonde in buurland beplan betoging - April 7, 2025
Verskeie arbeidsvakbonde regoor Suid-Afrika het ‘n landwye betoging beplan teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die president van die nywerheidsvakbond, Giwusa, Mametlwe Sebei, waarsku hierdie veranderinge kan werkers se regte verswak deur die reg tot stakings te beperk en afdankings toe te laat sonder behoorlike dissiplinêre prosesse. Hy beklemtoon dat sulke wysigings werkgewers […]
Oostromings in Kinshasa dood 30 - April 7, 2025
Sowat 30 mense is dood in oorstromings ween swaar reën in die DRK se hoofstad, Kinshasha. Die sterftesyfer is voorlopig, luidens amptelike bronne. Die Ndjili-rivier, wat deel deur die stad vloei, het Vrydagaand oorstroom en motoriste is sedert Saterdagaand op die nasionale pad vasgekeer, Verskeie woonbuurte is sonder krag en water. Daniel Bumba Lubaki, goewerneur […]
Swakop-tydren was ‘n vroue-ding - April 7, 2025
Die eerste been van die nasionale tydren kampioenskappe is die naweek op Swakopmund gehou en dit wil voorkom asof die vroue-renjaers skoonskip gemaak het. Francois Lottering van Motor Media Namibia was daar.
Harde werk gedoen om lyers van demensie by te staan - April 7, 2025
Sewe jaar ná vals klagte van heksery by die Divundu-polisiestasie gelê is, is daar groter bewustheid aangaande breingesondheid geskep. Aktiviste hoop dit sal ‘n einde aan diskriminasie bring wat dikwels deur bygelowigheid, toordokters en sommige godsdienstige leiers aangevuur word. Kosmos 94.1 Nuus het met Berrie Holtzhauzen, stigter en uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, gepraat: […]
Hofstelsel moet aangepas word vir veediefstal - April 7, 2025
Namibië se hofstelsel moet dringend opgeskerp word om kritiese kwessies soos voortdurende veediefstal doeltreffend te bekamp, sê boere. Dié reaksie volg op ‘n voorval Donderdag toe boere in die Outjo-distrik op twee tonele afgekom het, waar 31 beeste van twee boere geslag en vermink is. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Gouws, ‘n boer van […]
Trump-tariewe: Geen rede tot groot kommer nie - April 7, 2025
Volgens die plaaslike handelskenner Anton Faul is daar nie veel om oor te kommer na Amerikaanse tariewe nie. Faul sê totale Namibiese uitvoere na die wêreld in 2024 het 6,5 miljard Amerikaanse dollar beloop terwyl Namibiese uitvoere na die VSA in 2024 173 miljoen Amerikaanse dollar beloop het. Dit beteken net 2,6 persent van totale […]