Water op Oshakati gerantsoeneer - April 6, 2025
NamWater werk aan uitdagings met die waterbehandelingsaanleg op Oshakati ná swaar reën in die Cuvelai-opvangegebied. Dit volg ná oorvloei uit die oshonas by Ogongo en Oshikuku in die Calueque-Oshakati-kanaal beland het en gehalte van water verswak het. Volgens NamWater is beide die produksie kapasiteit en watergehalte by die aanleg onder standaard. Dié aanleg, met ‘n […]
Zille maak debuut op Roast - April 6, 2025
Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, is die eerste politikus wat die onderwerp van ʼn Showmax- en Laugh Africa Roast-program is. Die kreatiewe regisseur, Stuart Taylor, het kommentaar gelewer oor haar belangrike politieke statuur en reguit uitsprake. Zille verwelkom die spottery en sê mense spot haar agter haar rug, so hulle kan dit net […]
Londen se naglewe kort skop - April 6, 2025
Burgemeester van Londen, Sadiq Khan, sal meer magte kry om die rompslomp wat “kroeë, klubs en restaurante verstik” te verminder en Engeland se hoofstad se afnemende nag-ekonomie te laat herleef. Khan sal nuwe magte kry om besluite van plaaslike rade te hersien wat laat-dranklisensies in naglewe-fokusareas blokkeer. Indien dit suksesvol is, kan ander burgemeesters in […]
Rugby: Stormer-stut geskors - April 6, 2025
Die Stormers-stut Neethling Fouche is vir vier wedstryde geskors ná ‘n rooi kaart tydens ‘n Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd in Ulster verlede naweek, wat die Stormers met 38-34 verloor het. Die Italiaanse skeidsregter, Andrea Piardi, het Fouche afgestuur oor ‘n gevaarlike kopstamp toe hy probeer het om Ben Carson plat te trek. ‘n VRK-tugkomitee het beslis die […]
18-jarige in aanhouding oor gru-brand op Usakos - April 6, 2025
‘n Agtienjarige man is in polisie-aanhouding in verband met die gru-brand Saterdag in die Hakhaseb-informele nedersetting op Usakos. Die verdagte het na bewering tussen 04:00 en 06:30 ses mense met ‘n byl en knopkierie geslaan en hul liggame daarna aan die brandgesteek. Die oorledenes is ‘n 90-jarige vrou, vier van haar kleinkinders tussen drie en […]
Ineengestorte gebou op George nooit regte goedkeuring gehad - April 6, 2025
Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het onthul die vyfverdieping-gebou wat in Mei 2024 in George ineengestort het, is slegs goedgekeur as ‘n enkelverdiepingstruktuur. Die parlement se portefeuljekomitee vir menslike nedersettings het gehoor die ontwikkelaar het versuim om planne vir ‘n gebou van meer as een verdieping in te dien, wat regulatoriese foute veroorsaak […]
Trump wil ‘ direk’ met Iran praat oor kernprogram - April 6, 2025
Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy wil “direkte samesprekings” met Tehran voer oor die kernoorenkoms, nadat hy gedreig het om Iran te bombardeer as dit kernwapens ontwikkel. Trump het Iran se leiers ‘n twee-maande sperdatum gegee om ‘n ooreenkoms te bereik oor die land se kernprogram, wat al dekades lank die verhoudings met Westerse nasies […]
Kaap se Kaptein wen Twee Oseane - April 6, 2025
Een van Suid-Afrikaanse se ‘ouer garde’ het vanoggend die halfmarathon van die Twee Oseane-wedloop gewen. Die 32-jarige William Kaptein het geskiedenis gemaak en die eerste Kapenaar sedert Makhosonke Fika in 1998 geword om die titel te wen. Sy wentyd was 1 uur 4 minute en 41 sekondes. Die roete is vanoggend met sowat 500 m […]
Nekundi luister na klagtes oor NaTIS - April 6, 2025
Vervoerminister Veikko Nekundi het Vrydag onverwags by NaTIS se kantore in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied opgejaag self te sien hoe sake daar bedryf word. Hy het met verskeie lede van die publiek gepraat en na hul klagtes geluister. Nekundi het gesê ‘n bykomende tak van NaTIS nader aan die stad word oorweeg:
Gure weer hou Eskom onder druk - April 6, 2025
Eskom waarsku die kragstelsel bly onder druk as gevolg van beplande instandhouding en groter aanvraag weens landwye gure weer. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê ten spyte hiervan bly beurtkrag opgeskort omdat die netwerk stabiel en noodreserwes beskikbaar is. Mokoena sê 3 300 megawatt sal teen Maandagaand weer in diens gestel word. Dieselgebruik het jaar […]