COP30: Eerste Tipping Point-verslag sê dis dalk te laat vir koraalriwwe - October 13, 2025

Aardverwarming oorskry gevaarlike drempels vinniger as verwag, met die wêreld se koraalriwwe wat nou in ‘n byna onomkeerbare uitsterwing verkeer. Dit is volgens wetenskaplikes die eerste kantelpunt in klimaatgedrewe ekosisteemineenstorting. Die waarskuwing is in die Global Tipping Points-verslag vervat. Die verslag wat deur 160 navorsers wêreldwyd voorberei het, gebruik baanbrekende wetenskap om punte van geen terugkeer […]

Read More

Talle dwelmbeslagleggings oor die naweek - October 13, 2025

Verskeie dwelmbeslagleggings is oor die naweek gedoen. Volgens die polisie is ‘n 26-jarige man op Aroab vas na hy met 15 Mandrax-tablette en twee pakke skunk-dagga gevind is met ‘n totale waarde van net meer as 4 500 Namibiese dollar. Op Swakopmund is twee Kongolese, 38 en 44, vas na hulle gevind is met kokaïenpoeier. […]

Read More

Berigte dat Russiese vragvliegtuig Gazelle-helikopters vanaf Lanseria na Libiese krygsheer vervoer - October 13, 2025

Minstens vier Gazelle-helikopters is van die Lanseria-lughawe af aan boord van ‘n vliegtuig van die Russiese lugredery Abakan Air na die omstrede krygsheer Khalifa Haftar se rebellegebied in Benghazi gesmokkel. Volgens die News24-publikasie Rapport het dit oor ‘n tydperk van twee maande gebeur met vlugplanne wat Jordanië valslik as die bestemming aangedui het. Die uitvoere […]

Read More

Groot afwagting vir Egiptiese beraad - October 13, 2025

President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vanmiddag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van sekuriteit en bestendigheid in die […]

Read More

Duitser Cejka vat PGA-kampioenskap in Noord-Carolina - October 13, 2025

Die Duitser, Alex Cejka, het een onder baansyfer 71 aangeteken om die PGA-toerkampioenskap se SAS-kampioenskap in Noord-Carolina met drie houe te wen. Dis die 54-jarige speler se eerste titel sedert die 2023 Senior Ope Kampioenskap. Die Suid-Afrikaner, Ernie Els, is tweede op vier onder 68, wat vanjaar sy 12de posisie onder die top 10 en […]

Read More

McDermott en Petrofund werk saam in opleiding  - October 13, 2025

McDermott, ‘n Amerikaanse verskaffer van ingenieurs- en konstruksie-oplossings vir die energiebedryf, en Petrofund het ‘n ooreenkoms onderteken om saam te werk aan akademiese en industriële opleidingsinisiatiewe in Namibië se stroomop olie- en gassektor. Dit het in Augustus in werking getree en sal vir die volgende vyf jaar geld. Die opgradering en kennisoordrag-aspek van die ooreenkoms […]

Read More

Botswana eis ook plaaslike aandeelhouding in myne  - October 13, 2025

Botswana het nuwe reëls daargestel vir plaaslike aandeelhouding in myne. Dit is ‘n verandering aan die wet wat voorheen die staat die reg gegee het om ‘n 15 persent aandeelhouding in enige mynboukonsessie te koop. Nou word maatskappye vereis om ‘n 24 persent aandeel in nuwe konsessies aan plaaslike beleggers te verkoop as die regering […]

Read More

Kommer oor verwikkelinge in Madagaskar  - October 13, 2025

Die regering het met diepe kommer kennis geneem van die onlangse politieke verwikkelinge in Madagaskar. Die woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die regering betreur die tragiese lewensverlies en die vernietiging van eiendom. Hy sê Suid-Afrika vra alle rolspelers om kalm te bly en selfbeheersing toe te pas, en […]

Read More

China waarsku hy sal vergeld vir 100% tarief  - October 13, 2025

Die Chinese regering waarsku hy sal optree indien president Donald Trump van Amerika voortgaan met sy dreigement om tariewe van 100-persent op Chinese invoere in te stel. Trump het verlede week teruggekap nadat Beijing sy reëls vir die uitvoer van skaars aardmetale verskerp het en sê dié land raak vyandiggesind en probeer die wêreld gevange […]

Read More

Net lof vir Eagles se hoofafrigter Craig Williams  - October 13, 2025

Namibiërs juig steeds oor die reuse-sukses wat die FNB Eagles die naweek behaal het deur die Proteas met vier paaltjies te klop. Dit, met die amptelike opening van die FNB Namibië Krieketveld in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, wat sê dit is ‘n groot prestasie en […]

Read More