Duisende betogings wêreldtyd teen Trump - April 6, 2025

Duisende betogings teen president Donald Trump en Elon Musk is Saterdag in al 50 state gehou, en ook in die res van die wêreld. ‘n Pro-demokrasie beweging het die betogings gereël in reaksie op wat organiseerders noem ‘n “vyandige oorname” en aanval op Amerikaanse regte en vryhede. Organiseerders eis die beëindig van die miljardêr-oorname en […]

Read More

Verstappen voor in Japannese Grand Prix - April 6, 2025

Die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen het die baanrekord verbeter en die voorste wegspringposisie vir vandag se Japannese Grand Prix voor Lando Norris van McLaren se neus weggeraap. Verstappen het ʼn blitsige ronde van een-minuut 26,983-sekondes in sy Red Bull behaal, met kampioenskapsleier Norris tweede en Oscar Piastri van McLaren derde. Verstappen, wat die Japannese Grand […]

Read More

Minister moet besluit oor Starlink-aansoek - April 6, 2025

Die Kommunikasie-regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het Starlink se aansoek as nuwe diensverskaffer aangestuur na die minister van inligting en kommunikasie-tegnologie. Dit volg op ‘n beroep van die Namibiese Landbou-unie om Starlink se lisensie-goedkeuring te bespoedig, om internettoegang op die platteland te verbeter. Volgens die NLU se jongste nuusbrief sê Cran die minister moet steeds […]

Read More

DA steeds verbind tot RNA - April 6, 2025

Die DA-leier John Steenhuisen het die party se verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig, met die klem op samewerking eerder as oorheersing. Steenhuisen het op ‘n DA-veldtog in Phoenix, erkenning gegee aan die DA se bydraes tot die koalisie en die belangrikheid van gesamentlike pogings beklemtoon. Hy het herhaal dat geen party ‘n […]

Read More

Land Rover briek uitvoere na Amerika - April 6, 2025

Jaguar Land Rover het verskepings na die VSA vir ‘n maand onderbreek ná Donald Trump se tariewe in werking getree het. Die maatskappy sê hy het tyd nodig om die nuwe handelsvoorwaardes van die tariewe aan te spreek. ‘n Maatskappy-woordvoerder sê die VSA is ‘n belangrike mark vir sy luukse handelsmerke. Sy besluit volg nadat […]

Read More

Só lyk Haaie se span teen Lyon - April 6, 2025

Afrigter John Plumtree het ‘n hele aantal veranderings aan die Haaie-span aangebring wat môreaand teen Lyon in die Uitdaagbeker se rondte van 16 speel. André Esterhuizen en Yaw Penxe het hulle opdrafplekke behou. Ntuthuko Mchunu, Fez Mbatha en Ruan Dreyer is die nuwe voorry, terwyl Corné Rahl en Gerbrandt Grobler die slotte in die beginspan […]

Read More

NamWater spook met Opuwo se water - April 6, 2025

NamWater was Saterdag druk besig op Opuwo ná swaar reën en erge oorstromings die instelling se infrastruktuur op die dorp beskadig het en krane droog gelaat het. Die pyplyn op Opuwo is herstel, maar NamWater moet nog die stelsel toets om watervloei en stabiliteit te bepaal. Sodra die stelsel weer ten volle operasioneel is, sal […]

Read More

Jong boere by Boere-indaba beplan toekoms - April 6, 2025

Jong boere uit suidelike Afrika vra dat die vasteland se landbou-landskap hervorm word. Dit kom te midde van president Donald Trump se verhoogde tariewe wat kommer wek oor moontlike ontwrigting in markte. Afgevaardigdes by die Boere-indaba in Pretoria beklemtoon die behoefte aan beleidshervorming, toegang tot grond en fondse om voedselsekerheid en ekonomiese groei te verseker. […]

Read More

Brande lastig in Brittanje - April 6, 2025

‘n Brandwaak is in Noord-Ierland uitgereik ná ‘n veldbrand wat oor bykans twee kilometer strek en naby eiendom woed. Meer as 100 brandbestryders is by Hilltown ontplooi. Brittanje word die afgelope week deur brande geteister midde hoë temperature. Vrydag was die warmste dag sedert 21 September verlede jaar met die kwik wat tot 23 grade […]

Read More

Bulle uitoorlê Bayonne met 32-22 - April 6, 2025

Die Bulle het nog hoop om die Uitdaagbeker te wen na ‘n oorwinning van 32-22 oor Bayonne. Jake White se span speel volgend week in die Uitdaagbeker-kwarteindronde wanneer hulle teen Sean Everitt se Edinburgh-span te staan sal kom. Bayonne se 22 punte is aangeteken deur Federico Mori, Remy Bourdeau en Tom Spring wat drieë gedruk […]

Read More