Swartbooi pleit vir eenheid onder opposisie - April 6, 2025
Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het Saterdag tydens die party se vierde nasionale konvensie in Windhoek sy teleurstelling met die nuwe begroting uitspreek. Hy is veral bekommerd oor die lae ontwikkelingsbegroting, wat die drywer van werkskepping behoort te wees. Swartbooi het ook ‘n beroep op opposisiepartye gedoen om saam te werk:
SA sê VSA lieg oor buitelandse beleid - April 6, 2025
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het ʼn Amerikaanse kongreslid, Troy Nehls, tereggewys omdat hy volgens hom vals inligting oor Suid-Afrika se buitelandse beleid versprei. Dit volg nadat Nehls die Afrikaner-wet ter tafel gelê het wat prioriteit-2-vlugtelingstatus aan Suid-Afrika se wit Afrikaner-minderheid toestaan weens beweerde menseregteskendings. Lamola ontken Nehls se bewerings, en […]
Israel erken skuld met dood van noodwerkers - April 6, 2025
Israel se weermag het erken ‘n fout is begaan met die doodmaak van 15 noodwerkers in Gaza. ‘n Konvooi van ambulanse van die Rooikruis, ‘n VN-motor en brandweerwa het op 23 Maart naby Rafah onderskoot gekom. Israel het aanvanklik gesê sy soldate het begin skiet omdat die konvooi sonder ligte in die donker gery het en […]
Blitsbokke klop Argentinië net-net - April 6, 2025
Die Blitsbokke het ʼn wonderwerk nodig gehad ná hul nederlaag teen Groot-Brittanje. Hulle het dit gekry met ʼn naelskraapse oorwinning oor Argentinië en hul hoop op ʼn Singapoer-sege lewend gehou. Die Suid-Afrikaners het met rustyd ʼn voorsprong van twee punte bo die wêreldvoorlopers Argentinië gehad. Na ʼn spannende tweede helfte het die Blitsbokke twee minute […]
Itula gaan sukkel om leierskapstempel af te druk - April 5, 2025
Die president van die Independent Patriots of Change, Panduleni Itula, gaan dit baie moeilik vind om sy leierskapstempel af te druk met dié dat die IPC weier om die rol van die amptelike opposisie in die parlement in te stem, sê kenners. Itula het besluit om eerder ‘n skadukabinet aan te wys en die verkose […]
Afrikaner-wet in Amerika ter tafel gelê - April 5, 2025
Die Amerikaanse kongreslid Troy Nehls het die Afrikaner-wet bekendgestel wat Prioriteit-2-vlugtelingstatus aan Suid-Afrikaanse Afrikaners toestaan. Die wetsontwerp sluit eggenote, kinders en ouers in. Dit volg nadat president Donald Trump die Onteieningswet, wat onteiening sonder vergoeding toelaat, gekritiseer en as ʼn menseregteskending beskryf het. Nehls sê sy wetsontwerp bied Afrikaners ʼn weg na veiligheid van regeringsgesteunde […]
Rugby: Opwindende Junie vir Welwitschias - April 5, 2025
Namibiërs kan uitsien na groot Welwitschia-aksie in Junie. Op 14 Junie draf die Namibiese rugbyspan teen Uganda uit en op 21 Junie speel hulle teen die Airlink Pumas. Op 27 Junie kom die Welwitchias in ‘n internasionale toets teen Italië te staan.
Swakopmund Rally skop seisoen af - April 5, 2025
Die eerste tydren van die jaar, die gewilde Swakopmund Rally, het vanoggend op Swakopmund begin. Die tydren strek oor sowat 106 kilometer. Francois Lottering is daar en doen verslag:
ActionSA wil Lily-mynwerkers se oorskot herwin - April 5, 2025
ActionSA is gereed om gespesialiseerde mynreddingsmaatskappye uit te nooi om die oorblyfsels van die drie Lily-mynwerkers wat sedert 2016 vasgekeer is, te herwin. ActionSA sal ‘n Versoek vir Voorleggings uitreik nadat toegang in Februarie toegestaan is. Party-leier Herman Mashaba sê die stap is gemik om na byna nege jaar, genesing te bring vir die families […]
Landmyn-jagrot stel wêreldrekord op - April 5, 2025
‘n Landmyn-jagrot in Kambodja ‘n wêreldrekord opgestel deur meer as 100 landmyne en stukkies plofbare materiaal op te spoor. Ronin, ‘n Afrika-reusebuidelrot, het al 109 landmyne en 15 ander moontlike dodelike oorlogsoorblyfsels sedert sy ontplooiing in Augustus 2021 uitgesnuffel. Die Belgiese liefdadigheidsorganisasie Apopo sê die vyfjarige Ronin is die mees suksesvolle landmynopsporingsrot in die geskiedenis […]