Gholf: Mcllroy se visier op Grand Slam - April 5, 2025
Die sesmalige major-wenner Phil Mickelson glo nie die druk van Rory Mcllroy het om die Grand Slam van wêreldgholf te wen, sal ‘n kwessie vir hom wees in volgende week se Meestertoernooi nie. Mcllroy het al die Amerikaanse Ope, die PGA-kampioenskap en die Britse Ope tussen 2011 en 2014 gewen, maar kort nog Augusta se […]
Vier jong kinders sterf in brand op Usakos - April 5, 2025
‘n Brand in die Hakaseb-informele nedersetting op Usakos tussen 06:00 en 07:00 vanoggend het verskeie lewens geëis, het polisie op die dorp bevestig. Hulle is tans op die toneel. Min inligting is beskikbaar, maar volgens voorlopige aanduidings is vier jong kinders, hul ouma en ‘n volwassene in die brand dood. Die polisie-ondersoek duur voort.
Pad gesluit tussen Rosh Pinah en Oranjemund - April 5, 2025
Die pad tussen Rosh Pinah and Oranjemund is beskadig en gesluit vir verkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid, gepraat:
Buitelandse soldate binnekort in Oekraïne ontplooi - April 5, 2025
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê Europese militêre beplanners kan binne ‘n maand gereed wees met besonderhede vir die ontplooiing van buitelandse soldate in dié land wat as noodsaaklik beskou word om die oorlog met Rusland te beëindig. Oekraïne wil veiligheidswaarborge van sy bondgenote hê in geval van ‘n vredesooreenkoms met Rusland om ‘n herhaling […]
Khoarahlane Seutloali, Gerda Steyn draf Twee Oseane kaf - April 5, 2025
Khoarahlane Seutloali van Lesotho het die 2025 Twee Oseane-marathon gewen toe hy die wenstreep by die Universiteit van Kaapstad se rugbyvelde ná 3 ure, 10 minute en 46 sekondes oorgesteek het. Seutloali het die uitmergelende ultra-roete van 56 kilometer teen ʼn bestendige pas aangepak en die eerste man van Lesotho geword wat die Twee Oseane […]
MK vies oor Zelensky se besoek aan SA - April 5, 2025
Die MK-party sê hy gaan betoog teen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se komende staatsbesoek aan Suid-Afrika. Die sekretaris-generaal Floyd Shivambu veroordeel die regering se besluit om Zelensky te nooi en noem hom ʼn strooipop-president. Zelensky kom na verwagting volgende week in Pretoria aan vir ʼn amptelike staatsbesoek. Hy beklemtoon dat Zelensky se besoek teen […]
Meer tyd vir TikTok om new baas te soek - April 5, 2025
TikTok is meer tyd gegun om ‘n nuwe baas te vind. “omdat ‘n transaksie meer werk vereis om te verseker dat alle nodige goedkeurings onderteken is, teken ek ‘n uitvoerende bevel om TikTok vir ‘n bykomende 75 dae aan die gang te hou,” skryf die Amerikaanse president Donald Trump op Truth Social. Die aanvanklike sperdatum […]
Sokker: Manchester se De Bruyne tree uit - April 5, 2025
Manchester City middelveldspeler Kevin De Bruyne het bevestig dat hy die klub aan die einde van die seisoen sal verlaat. Die 33-jarige Belgiese ster het 14 belangrike trofeë gewen, insluitende ses Premierligatitels en die Kampioeneliga in 2023, sedert hy in 2015 van Wolfsburg af by City aangesluit het. De Bruyne het op sosiale media geskryf […]
Walvis-munisipaliteit oorweeg plakkersheffing - April 5, 2025
Walvisbaai se inwoners is die herrie in ná die kusdorp se munisiplaiteit gesê hulle wil heffings op plakkershuise instel. ‘n Reuse-agterstand in die voorsiening van gedienste erwe beteken duisende mense leef in plakkershuise in agterplase. Op Kuisebmond is daar tot tien families per erf wat plakkershuise in agterplase huur, en dit verhoog brandgevaar. Die munisipaliteit […]
SA sakelui bekommerd oor politieke onmin - April 5, 2025
Sakeleiers het president Cyril Ramaphosa en die DA-leier John Steenhuisen versoek om die ineenstorting van die regering van nasionale eenheid te voorkom, en waarsku dit kan blywende ekonomiese skade veroorsaak. News24 berig verskeie leiers, insluitend die uitvoerende hoof van Yellowwoods, Adrian Enthoven, die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, en die uitvoerende hoof van Anglo-American, Duncan […]