Suid-Korea se president kry trekpas - April 5, 2025
Suid-Korea se president is uit sy posisie verwyder nadat die land se Konstitusionele Hof eenparig gestem het om sy vervolging te handhaaf. Yoon Suk Yeol is geskors van sy dienste in Desember na sy vervolging deur die parlement, na sy mislukte poging om krygswet in te stel. Vrydag se uitspraak is ontvang met trane van […]
Rugby: Blitsbokke se afrigter vol vertroue - April 5, 2025
Springbok sewes-afrigter Philip Snyman is vol vertroue dat die Blitsbokke sterk in Singapoer sal terugkom na ‘n teleurstellende negende plek in Hongkong. Snyman sê dit was ‘n terugslag, nie ‘n ineenstorting nie. Die span speel teen Brittanje en Argentinië in die groepwedstryde, met nuwe spelers wat Sebastiaan Jobb en David Brits insluit. Snyman het beklemtoon […]
Namibiese beesvleis, vis geknou weens VSA-tariewe - April 5, 2025
Namibiese beesvleis en vis se mededingingheid word bedreig deur Amerika se instelling van handelstariewe vandeesweek, waarsku die uitvoerende direkteur van die ministerie van handel, Penda Naanda. Dié tariewe van 21% kan die prys van beesvleis en vis opjaag en dus die vraag daarna benadeel, wat sal lei tot minder uitvoere na die VSA-mark, sê Naanda. […]
Meer as 400 polisievuurwapens in SA verdwyn spoorloos - April 5, 2025
Die DA in die Oos-Kaap het kommer uitgespreek nadat 410 polisievuurwapens oor ‘n tydperk van vier jaar as verlore of gesteel aangemeld is. Daar is 362 wapens wat bloot gesteel is, 65 wapens is uit polisiekantore gesteel en daar kan vir 48 nog nie rekenskap gegee word nie. Die DA-lid, Yusuf Cassim, sê die polisie […]
Trump-tariewe: China slaan terug met eie heffings - April 5, 2025
China sal vanaf 10 April tariewe van 34 persent op alle invoere van Amerikaanse goedere instel, nadat Washington swaar nuwe heffings op Chinese produkte ingestel het. China se ministerie van finansies het aangekondig dit word by die huidige tariefkoers gevoeg. Beijing se ministerie van handel het ook uitvoerbeheer op sewe seldsame aardelemente ingestel, insluitend gadolinium, […]
Rugby: Só lyk die Bulle se span vir vanmiddag - April 5, 2025
Losskakel Johan Goosen en losvoorspeler Cameron Hanekom sal vanmiddag op die reserwebank wees wanneer die Bulle en die Franse span Bayonnais kragte meet in hulle Rondte van 16 Uitdaagbekerwedstryd. Reinhardt Ludwig en Stedman Gans is ook terug in aksie. Stut Simphiwe Matanzima kry sy eerste opdraf-geleentheid in die kompetisie en Marco van Staden is ook […]
Woelige Vrydagaand vir Copps 94.1-misdaadspan - April 5, 2025
‘n Brand in die Havana-informele nedersetting, ‘n motor in ‘n sloot en ‘n moeilike vrou is van die kwessies waarmee die Copps 94.1-span Vrydagaand moes huishou. Soos altyd was Francois Lottering op die toneel en doen verslag:
Geweld in skole kommerwekkend, sê Safer SA - April 5, 2025
Die Safer South Africa-stigting het alarm gemaak oor die toename in maatskaplike misdade, insluitend geslagsgeweld by opvoedkundige instellings landwyd. Elf moorde en 99 verkragtings is tussen Oktober en Desember 2024 by skole, kleuterskole en universiteite aangemeld. Die woordvoerder, Godfrey Monene, sê die stigting veroordeel die onlangse verkragting van Cwecwe in Matatiele en dring aan op […]
Diplomasie enigste medisyne vir kommer oor Iranese kernprogram - April 5, 2025
Rusland sê spanning rondom Iran se kernprogram kan slegs “diplomaties” opgelos word en het vir “selfbeheersing” gevra, nadat Amerikaanse president Donald Trump gedreig het om Iran met bomme aan te val as dit kernwapens ontwikkel. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov sê alle partye moet selfbeheersing toon en op diplomatieke pogings fokus. Trump het in […]
Rugby: Edinburgh gee Leeus pak - April 5, 2025
Die Leeus is die tweede agtereenvolgende keer uit die ronde van 16 geskop nadat Edinburgh hulle Vrydagaand by die Hive-stadion met 24-12 verslaan het. Die gashere het in die eerste helfte drie drieë gedruk en die Leeus was teen rustyd 17-0 agter. Hulle het beter gevaar in die tweede helfte met ʼn drie deur Franco […]