Begroting ‘neem nie jeug-, geslagskwessies in ag’ - April 4, 2025
‘n Openbare bespreking aangebied deur die Friedrich Ebert Stiftung, die Jeugleierskapprogram en die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, het die nasionale begroting se reaksie op geslags- en jeugprobleme ondersoek. Ekonoom Mally Likukela het gesê dat onderwys, finansies en gesondheid die mees finansiering ontvang, maar toewysings aan jeug- en geslagkwessies bly laag, en het ‘n beroep op […]
VSA-tariewe ondermyn groei, globale samewerking: Lamola - April 4, 2025
Die internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, sê die nuwe Amerikaanse tariewe op Suid-Afrikaanse goedere bedreig billike handel en gedeelde ekonomiese groei. Lamola en die handelminister, Parks Tau, was op ‘n gesamentlike nuuskonferensie waar Lamola gesê het die 31-persent tariewe wat op 9 April in werking tree, ondermyn handelsvennootskappe soos die Wet op Groei en Geleenthede in […]
Elton John reik nuwe album uit - April 4, 2025
Elton John het sy nuwe album beskryf as die “varsste” sedert die albums wat in die 1970’s opgeneem is. “Who Believes in Angels?” word vandag uitgereik. Die ateljee-album volg nadat hy sy glansryke sangloopbaan met ‘n wêreldwye afskeidstoer beëindig het, wat in Julie 2023 in Swede ten einde geloop het. “Who Believes in Angels?” is […]
Blitsbokke het taai eerste wedstryde in Singapoer - April 4, 2025
Rugby: Dit word ook nie makliker vir die Blitsbokke nie. Nadat hulle slegs in die negende plek in Hongkong geëindig het, speel hulle môreoggend in Singapoer, in die laaste toernooi van die gewone seisoen, teen sterk opposisie in Groep A. Die Suid-Afrikaners speel 7:26 teen Brittanje en dan draf hulle 10:44 op die veld teen […]
Kalfvleispryse klim lekker na die reën - April 4, 2025
Kalfvleispryse het noemenswaardig gestyg in vergelyking met verlede week, met pryse wat tot 42 Namibiese dollar per kilogram geklim het. Dit lei tot ‘n gemiddelde prys van ongeveer 37 dollar 13 sent per kilogram. Die prysverhoging word toegeskryf aan ‘n verminderde aanbod by kruidenierswinkels, wat beïnvloed is deur die swaar reën wat regoor die land […]
BTW-verhoging ‘ekonomiese doodsvonnis vir gewone burgers’ - April 4, 2025
Die United Africans Transformation sê hy verwerp geheel en al die fiskale raamwerkverslag wat in die parlement aanvaar is. Die party sê die voorgestelde BTW-verhoging is ‘n ekonomiese doodsvonnis vir gewone burgers en sal die huishoudelike inkomste dreineer, basiese goedere onbekostigbaar maak en hongerte en armoede vererger. Woordvoerder, Mighty Mabule, sê nie net is dit […]
Internasionale Worteldag vier die groente se veelsydigheid - April 4, 2025
Dis vandag Internasionale Worteldag waarop die bevordering en gebruik van dié groente gevier en mense bewus gemaak word van sy gesondheidsvoordele. Die dag het in Swede ontstaan en word vandag wêreldwyd gevier wanneer mense saamkom om hulle liefde vir hierdie besondere wortelgroente te deel. Interessante feite oor wortels sluit in dat daar meer as 100 […]
Willie le Roux verleng sy Bulle-kontrak - April 4, 2025
Rugby: Springbok-heelagter, Willie le Roux, het sy kontrak met die Bulle tot Junie 2027 verleng. Sedert hy aan die einde van die 2023 Wêreldbeker by Loftus in Pretoria opgedaag het, het hy 29 keer op die veld gedraf in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Kampioenebeker. Die veelsydige agterspeler en dubbelle-Wêreldbeker-wenner het aanvanklik ‘n driejaar-kontrak geteken […]
Hardap op 74,9%, riviere vloei steeds in - April 4, 2025
Die Hardapdam het vanoggend om 11-uur op 74,9 persent gestaan, gelykstaande aan ‘n inhoud van 220,5 miljoen kubieke meter water. Die dam se voed-riviere loop steeds en om 11-uur het die Kub teen 42 kubieke meter per sekonde gevloei. Die Grass het teen 12 kubieke meter per sekonde geloop en Schlip teen 25 kubiek per […]
Dis hoe VSA-tariewe Namibië gaan raak - April 4, 2025
Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe sluit in ‘n 21 persent tarief op Namibiese invoere. Handel tussen die twee lande het in 2024 sowat 7,8 miljard Namibiese dollar beloop, met Amerikaanse uitvoere na Namibië wat gedaal het, terwyl die land se invoere uit Namibië skerp gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus […]