Sacky se aansoek misluk, maar hof beveel verbeteringe in tronk-hof - April 4, 2025
Die uitvoerende direkteure van justisie en die kantoor van die regbank moet by die hoërhof verslag doen oor wat gedoen is om ‘n hofsaal voor te berei vir die Fishrot-verhoor. Adjunk regter-president Shafimana Ueitele het dit beveel in die Windhoekse hoërhof. Hy het ‘n aansoek deur Sacky Shanghala en twee ander Fishrot-beskuldigdes, dat hulle nie […]
Sprinkane verniel gewasse, daar behoort vroeë waarskuwingstelsel te wees - April 4, 2025
Die kabinet het hierdie week kommer uitgespreek oor ‘n moontlike sprinkaanplaag-uitbreking wat uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap na Namibië kan versprei. Volgens berigte is daar reeds tekens van so ‘n uitbreking in die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat Hanks Saisai, ‘n tegniese adviseur by Agribank wat spesialiseer in gewasse, wat kommentaar lewer oor die impak van […]
Kabinet keur verdedigingsamewerking met Kenia goed - April 4, 2025
Verskeie belangrike besluite is tydens die eerste kabinetsvergadering van die agtste administrasie geneem. Die kabinet het ‘n memorandum van verstandhouding tussen Namibië en Kenia goedgekeur om verdedigings- en veiligheidsbande te versterk. Die werke en vervoer-ministerie is ook gemagtig om sy 2023/2024 jaarverslag aan die Nasionale Vergadering voor te lê. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondigings […]
Staatsdiensvakbond betreur 2025-begroting se goedkeuring - April 4, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is uiters teleurgesteld oor die goedgekeurde 2025-begroting, wat die omstrede voorgestelde verhoging in Belasting op Toegevoegde Waarde insluit. Die vakbond sê hierdie besluit is geneem sonder voldoende raadpleging met sleutelbelanghebbendes en hou ernstige gevolge in vir Suid-Afrika se werkersklas en kwesbare gemeenskappe. Claude Naiker van die vakbond sê hulle […]
Hamas-bevelvoerder dood in Israeliese aanval in Libanon - April 4, 2025
Israel het aangekondig ‘n bevelvoerder in die Palestynse militante groep Hamas, Hassan Farhat, en sy volwasse seun en dogter is dood tydens ‘n Israeliese aanval in die Libanese hawestad Sidon. Die Libanese premier, Nawaf Salam, het die aanslag veroordeel en noem dit ‘n “afgryslike aanval op Libanese soewereiniteit” en ‘n verbreking van die 27 November […]
Uitklop-naweek vir Leeus, Bulle en Haaie in Uitdaagbeker - April 4, 2025
Rugby: Die Leeus, Bulle, en Haaie speel hierdie naweek in die kwarteindrondte van die Uitdaagbeker. Die Leeus het ‘n opdraande-stryd wanneer hulle 9-uur vanaand teen Edinburgh in Skotland speel. Môremiddag om half twee is die Bulle in Frankryk om teen Bayonne te speel. Die Haaie moet wag tot Sondagaand wanneer hulle om halfsewe teen Lyon […]
‘Renoster’ en ‘Buffel’ ry krag aan waar nodig - April 4, 2025
NamPower het twee mobiele substasies ter waarde van 55 miljoen Namibiese dollar verkry, wat sy vermoë om krag vinnig te herstel tydens transformatorfoute aansienlik verbeter. Nampower senior ingenieur Elsebi Gadney sê die 20 Megavolt-Ampere substasies sal gebruik word om tydelik krag te verskaf wanneer nodig. In ‘n simboliese gebaar is die twee nuwe mobiele substasies […]
Kaapstad se begroting kyk na die omgewing - April 4, 2025
Die Stad Kaapstad sê sy Belegging in Hoop-begroting vir 2025/2026 stel die verbetering van vleilande se watergehalte voorop, asook die kuslyn se versterking teen die uitwerking van klimaatsverandering. Die metro se Ruimtelike Beplannings- en Omgewingsdirektoraat is verantwoordelik vir ‘n kuslyn van 307 kilometer asook die bewaring van die unieke en wêreldbekende biodiversiteit wat 21 natuurreservate […]
Verhouding met VSA ‘nooit weer dieselfde’: Kanada - April 4, 2025
Die Italiaanse premier Giorgia Meloni sê onderhandelinge oor tariewe tussen die VSA en die Europese Unie moet daarop gemik wees om alles op te hef. Sy het haar teenkanting teen vergeldingstariewe herhaal en gesê onderhandelinge moet gemik wees op die opheffing van tariewe, nie om dit te vermenigvuldig nie. Die Kanadese buitelandse sake-minister Melanie Joly […]
McLaren oorheers Japanese Grand Prix se oefenrondtes - April 4, 2025
Motorsport: Die voorloper in die F1-wêreldkampioenskap, Lando Norris het die beste tyd vir McLaren opgestel in die eerste oefenrondte van die Japanese Grand Prix. George Russell van Mercedes en Charles Leclerc van Ferrari was onderskeidelik tweede en derde. Yuki Tsunoda, wat sy buiging vir Red Bull gemaak het, was die sesde vinnigste, net-net stadiger as […]