Voormalige grootbaas vat NWR hof toe oor ‘kontrakbreuk’ - April 4, 2025
Die voormalige besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, het ‘n regsgeding teen die maatskappy aanhangig gemaak oor beweerde kontrakbreuk. Dit spruit uit die raad se beweerde versuim om hom ses maande voordat sy kontraktermyn op 31 Maart verstryk het, in kennis te stel dat dit nie hernu sou word nie. Die hoof […]
Santaco vra aksie na dodelike aanvalle op taxibedryf - April 4, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad in Gauteng vra vir dringende wetstoepassing na dodelike aanvalle op lede van die taxibedryf in Mabopane, Hartbeespoort, Johannesburg, Sedibeng en Ekurhuleni. Sekretaris van Santaco in Gauteng, Graham Fritz, sê die geweld is verwoestend vir families en gemeenskappe. Hy het die polisie aangemoedig om patrollies en ondersoeke te vermeerder, en het ‘n […]
Israel sê bombardering van skuiling was oor Hamas - April 4, 2025
Die Israelse weermag verdedig die bombardering Donderdag van ‘n skool in Gaza wat in ‘n skuiling omskep is en sê Hamas het dit gebruik om aanvalle teen Israelse burgerlikes en troepe uit te voer. Sewe-en-twintig Palestyne insluitend kinders is in die lugaanval dood terwyl 100 gewond is. Die weermag sê hy het voorsorgmaatreëls getref om […]
Bruce Springsteen gaan 7 albums met nuwe musiek uitreik - April 4, 2025
Die wenner van 20 Grammy-toekennings, Bruce Springsteen, gaan sewe albums, waarvan die meeste liedjies nog nie gehoor is nie, op 27 Junie uitreik. Die versameling van 83 liedjies, waarvan 74 nog nooit amptelik uitgereik is nie, gaan as ‘n stel beskikbaar gestel word met die titel Tracks II: The Lost Albums. Springsteen, een die wêreld […]
Voedsel, medici na Oshana ontplooi - April 4, 2025
Voedselhulp en mediese personeel is na die Oshana-streek ontplooi, waar inwoners weens oorstromings van noodsaaklike dienste afgesny word. Die NDF se Alouette III-helikopter sal voedselhulp vervoer na geraakte gemeenskappe in Oshana, en ook Ohangwena, Omusati en die westelike deel van Oshikoto. Oshana-goewerneur Elia Irimari beplan om met die streeksleierskap die geraakte gebiede te besoek. Irimari […]
Banke oorheers aansoeke in mosiehof - April 4, 2025
Daar was 72 aansoeke vir verstekvonnisse op die mosiehof-rol vanoggend, met 14 op die reël 108-rol. Banke het 34 van die aansoeke, voor regters Beatrix de Jager en Orben Sibeya, gebring. Daar is 22 eiendomslenings met ‘n skuldlas van 25,2 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is en 12 lenings met ‘n skuldlas van 5,97 […]
Malaria teister Zambezi-streek - April 4, 2025
Die Zambezi-streek loop erg deur onder ‘n malaria-uitbreking, met meer as 2 000 gevalle per week wat net in die sentrale en westelike dele asook Katima Mulilo aangemeld word. Nege sterftes is aangeteken en tot dusver is 412 mense gehospitaliseer. Die Zambezi direkteur van gesondheid, Woita Kapumburu, het by ‘n herdenking van wêreld TB-dag in […]
Namibië voer miljoene se diamante na VSA uit - April 4, 2025
Namibië se vernaamste uitvoerproduk na Amerika is diamante, met bykans 65 miljoen Namibiese dollar se stene wat in Februarie vanjaar in totaal vir dié supermoontheid bestem was. Ingevolge Amerika se president Donald Trump se invoertariewe wat Donderdag van krag geword het, gaan Namibië se uitvoere na die VSA voortaan met ‘n wederkerige handelsheffing van 21 persent […]
Palliatiewe kankersorg brei uit na kus - April 4, 2025
Die Kankervereniging van Namibië gaan sy palliatiewe sorg na Erongo uitbrei met die nuwe Huis Johannesson Sorgfasiliteit op Swakopmund. Dit is na Kurt Johannesson vernoem, die voormalige hoof van die Kankervereniging, om sy groot bydrae tot kankersorg- en bewusmaking in die land te erken. Die eenheid aan die kus sal nou met die Huis Zietsman Sorgfasiliteit in Windhoek saamwerk. Rolf Hansen, […]
Vryheidfront Plus boos oor strenger vuurwapenbeheer - April 4, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê die konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens in die Suid-Afrikaanse sekerheidsbedryf sal landsburgers meer blootstel aan misdaad. Die regulasies is verlede week gepubliseer. Die land se sekerheidsbedryf het in 2023 sowat 2,56-miljoen geregistreerde sekerheidswagte gehad met 586-duisend wat by meer as 12-duisend maatskappye in diens was. Die VF Plus-woordvoerder, […]