Wêreld se ekostelsels kry hupstoot met nuwe regulasie - April 4, 2025
Die Europese Unie sê die Natuurherstelregulasie is die eerste omvattende wet van sy soort wat oor vastelande geld. Dit wil ekostelsels, natuurlike omgewings en spesies in die EU se land- en seegebiede herstel. Hierdie maatreëls behoort teen 2030 minstens 20-persent van die EU se land- en seegebiede te dek en sal teen 2050 alle ekostelsels […]
Tennis: Sinner se gewese fiksheidsafrigter ontken aandeel in opkikkers - April 4, 2025
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, se gewese fiksheidsafrigter ontken enige aanspreeklikheid aan die Italianer se twee positiewe opkikkertoetse verlede jaar. Sinner het sedertdien vir Umberto Ferrara asook sy fisioterapeut, Giacomo Naldi, afgedank. Ferrara erken dat hy ‘n sproei gebruik het wat tot die positiewe toets gelei het, maar sê hy het altyd seker gemaak dit kom […]
Miljoene vloei in eerste maand van nuwe visa-regime - April 4, 2025
Die ministerie van buitelandse sake het reeds bykans 25,5 miljoen Namibiese dollar uit e-visas en visas-op-aankoms verdien. Volgens die uitvoerende direkteur van dié ministerie, Etienne Maritz, het meer as 15 500 reisigers aanlyn aansoek gedoen en e-visas ontvang sedert die implemetering van Namibië se nuwe visa-regime op 3 Maart vanjaar. Die inkomste hieruit was sowat […]
KKNK: Arnold Vosloo, Elzabé Zietsman herenig op verhoog - April 4, 2025
Die toneelstuk Liefdesbriewe, met die bekroonde akteurs Arnold Vosloo en Elzabé Zietsman, word tydens die 29ste Klein-Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer. Hierdie Afrikaanse verwerking van A.R. Gurney se Love Letters vertel die ontroerende verhaal van Melissa en André, wie se lewenslange verhouding deur vyf dekades se briewe, kaartjies en nota’s ontvou. Dit is die eerste keer in dekades […]
Suid-Korea se president in staat van beskuldiging - April 4, 2025
Suid-Korea se konstitusionele hof het eenparig gestem om president Yoon Suk Yeol in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Hy het verlede jaar krygswet afgekondig wat tot die land se ernstigste politieke krisis in dekades gelei het en die parlement het gestem om hom te vervolg. Regter Hyung-baie Moon het in sy uitspraak gesê Yoon […]
Sokker: Amerika, Brittanje moontlike gashere vir Vroue-wêreldbeker - April 4, 2025
Fifa-president Gianni Infantino sê Amerika en die Verenigde Koninkryk is moontlike gasheerlande vir die Vroue-wêreldbeker in 2031 en 2035. Amerika is die enigste land wat gebie het vir die 2031-geleentheid, terwyl Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland se bod teen Maandag se sperdatum die enigste geldige een vir die 2035-toernooi was. Infantino sê hulle beplan om […]
Keetmans spog met nuwe geel vloot - April 4, 2025
Die Keetmanshoop-munisipaliteit het nuwe padskrapers en ander swaar grondverskuiwings-masjinerie ter waarde van byna 6 miljoen Namibiese dollar bekom. Burgemeester Annelize Knaus het tydens die onthulling van die geel vloot gesê die toerusting is ‘n simbool van groei, veerkragtigheid en toewyding aan die gemeenskap. Knaus sê die toerusting is noodsaaklik vir transformasie en sal ‘n beter […]
VSA wil bilaterale bande met SA hersien - April 4, 2025
Amerika wil bilaterale bande met SA hersien ‘n Kongreslid van die Republikeinse Party, Ronny Jackson, het die Wet op Bilaterale Verhoudings tussen Amerika en Suid-Afrika her-ingedien wat ‘n volledige hersiening is van die wedersydse verhouding tussen die twee lande. Hy sê Suid-Afrika het sy verhouding met Amerika op uitdagende wyse opgeskort om verhoudings met China, […]
Ys smelt teen rekordtempo op Noordpool - April 4, 2025
Kenners sê die rekord-lae ysbedekking op die see in die Noordpoolgebied is ‘n teken van ʼn klimaatsveranderingkrisis. Arktiese see-ys beslaan tans 14,33-miljoen vierkante kilometer. Dit is die laagste sedert daar 47 jaar gelede met rekordhouding begin is. Julianne Stuva van die Nasionale Sneeu- en Ys-datasentrum sê die hoeveelheid ys op die Arktiese See sal steeds […]
Formule Een: McLaren het glo meer skop as Red Bull - April 4, 2025
Die voorloper op die Formule Een-kampioenskapspunteleer, Lando Norris van Brittanje, glo dis vanjaar sy McLaren-span se beurt om die beste motor te hê. Hy het die eerste Grand Prix in Australië gewen en sy Australiese spanmaat, Oscar Piastri, die tweede in Shanghai, China, terwyl Norris tweede was. Norris sê McLaren is nou vinniger as Red […]