Namibië moet voorbrand teen sprinkaanplaag maak - April 4, 2025
‘n Moontlike sprinkaanplaag in Suider-Afrika het Namibië se kabinet genoop om die landbouministerie opdrag te om te sorg dat gemeenskappe voorbrand maak vir insek- en pes-uitbrekings. Nie net moet die ministerie gemeenskappe oor moontlike plae inlig nie, maar boere moet ook bemagtig word in die bevegting daarvan. Die verdedigingministerie moet lug- en ander bystand verskaf […]
Politieke onmin bedreig regering van eenheid in SA - April 4, 2025
Die politieke toneel in Suid-Afrika is tans een van onsekerheid, met kenners wat waarsku dat daar ‘n rowwe tyd voorlê. Die onmin tussen die DA en ANC oor die begroting en ander wette hou ‘n bedreiging in vir die regering van nasionale eenheid. Kenners waarsku dat die DA nie self uit die regering moet stap […]
Rusland verloor 4 000 tenks in Oekraïne - April 4, 2025
Rusland het meer as 4 000 tenks verloor in sy oorlog teen Oekraïne, sê die Amerikaanse weermag in Europa. Moskou het ‘n algehele inval in Oekraïne in Februarie 2022 van stapel gestuur, met die hoop op ‘n vinnige militêre oorwinning oor sy kleiner buurland. Rusland het egter in ‘n voortslepende oorlog vasgeval. “ Die Russe […]
Gholf: Engeland se Rhodes voor in Johannesburgse Vroue Ope - April 4, 2025
Mimi Rhodes van Engeland het met agt onder baansyfer 65 klaargemaak om die klubhuis-voorsprong te neem in die eerste ronde van die Johannesburgse Vroue Ope by die Modderfontein-gholfklub. Die Suid-Afrikaner Casandra Alexander is een hou agter haar. Die ronde is weens ʼn hewige reënbui gestaak omdat die baan te nat was, en word vanoggend hervat. […]
Onderwys reg vir nuwe begrotingsjaar - April 4, 2025
Namibië se onderwysminister, Sanet Steenkamp, sê sy het ‘n sterk span en hulle is slaggereed vir die taak wat op hulle wag. Steenkamp het vandeesweek met die onderwysers van Eros Primêre Skool vergader om oor die planne in die nuwe onderwysbegroting te praat:
EFF: Trump-tariewe is uitbuiting - April 4, 2025
Die EFF sê die sogenaamde wederkerige tariewe wat die VSA op Suid-Afrika en ander lande ingestel het, is ‘n uitbuitingsmeganisme wat ontwerp is om soewereine nasies aan Amerika se ekonomiese oorheersing te onderwerp. Die EFF sê om betrokke te raak by vergeldende tariefoorloë sal slegs dien om ekonomieë verder in die web van Amerika se ekonomiese […]
M23 vererger bestaande humanitêre krisis in DRK - April 4, 2025
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê die veldtog wat Rwandees-gesteunde M23-rebelle in Januarie in die DRK begin het, vererger ʼn reeds haglike humanitêre krisis. Meer as 7 000 mense is in gevegte in die ooste van die DRK dood sedert M23-rebelle met hernude aanvalle begin het. Die VN se adjunk-hoëkommissaris vir menseregte, Nada Al-Nashif, sê enige […]
Tennis: Glam Slam moet meer wengeld hoes - April 4, 2025
Die wêreld-nommer-elf, Emma Navarro van Amerika, sy het ‘n gesamentlike brief onderteken waarin gevra word vir ‘n groot verhoging in Grand Slam-toernooie se prysgeld om te verseker dat spelers gelyke behandeling ontvang. Die wêreld se beste 20 mans- en vrouspelers eis ‘n billiker verdeling van inkomste van die organiseerders van die Australiese, Franse en Amerikaanse […]
Grondhervorming méér as net grondgee, sê Calle - April 4, 2025
Grondhervorming in Namibië is ‘n gegewe, maar dit gaan nie net oor die toestaan van plase nie, sê Calle Schlettwein, voormalige landbouminister. Grond wat produktief benut kan word, is ‘n belangrike oorweging, het Schlettwein aan Kosmos 94.1 Nuus gesê:
Rugby: Lekker premierliga-aksie dié naweek - April 4, 2025
Die Namibië Rugby-unie se premierliga is hierdie naweek weer gelaai met belangrike wedstryde wat ‘n merk op die titelresies sal maak. Walvisbaai se Kudus reis na Windhoek om United aan te pak. Kudus en Wanderers is sover beide onoorwonne en gee die pas aan met 11 ligapunte elk. Wanderers speel op Swakopmund teen Dolphin, terwyl […]