IPC weier rol as amptelike opposisie in NV - April 4, 2025
Die Independent Patriots for Change gaan nie die rol as die leier van die amptelike opposisie in die parlement inneem nie. In stede daarvan het die IPC ‘n skadukabinet aanwys wat die amptelike kabinet aanspreeklik sal hou, het die party se president, Panduleni Itula, Donderdag tydens ‘n mediakonferensie bekend gemaak. Geen leier is aangekondig vir die IPC […]
NSX loop deur onder Trump-tariewe - April 4, 2025
Chaos het Donderdag op wêreldmarkte losgebars ná die Amerikaanse president Donald Trump se instelling van invoertariewe. Die Namibiese aandelebeurs was geen uitsondering nie. Die algehele indeks van die NSX het met bykans 4,6 persent geval, sy swakste vertoning tot dusver vanjaar. Die plaaslike indeks het egter onveranderd gebly. Al drie groot Amerikaanse aandelemarkte het Donderdag […]
Reën nog lank nie klaar met Namibië - April 4, 2025
Daar is meer reën op pad en ook oor die suidelike dele van die land vir die volgende paar dae. Die bekende weerkenner van die Suide, George van der Merwe, sê meer van ‘n landreën kan oor die grootste deel van die land verwag word. Luister self.
Hardap se sluise dalk getrek - April 4, 2025
Dit reën steeds in die opvangsgebied van die Visrivier, sê Namibië se hidrologiese dienste. Met die Hardapdam wat tans 75 persent vol is, het dié diens gewaarsku dat die watervlakke van Hardap fyn gemonitor moet word. Voorbereidings moet getref word vir die moontlike trek van dié dam se sluise om enige verdere styging in watervolues […]
Diversifiseer, doen sake in Afrika, vra handelminister - April 4, 2025
Midde internasionale konsternasie ná die instelling van Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe, sê Namibië se nuwe minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, die land moet sake diversifiseer en sy voetspoor op die handelslandskap van Afrika vergroot waar dit kan meeding. Fokusareas moet landbou en mynbou insluit, asook hernubare energie en logistiek:
ActionSA vra deursigtigheid in inkomstevoorstelle - April 4, 2025
ActionSA sê hy erken die ANC se verbintenis om parlementêre aanbevelings in te stel. Die party vra konstruktiewe betrokkenheid by die 30-dae-lange proses om alternatiewe inkomstevoorstelle af te handel. Matthew George van ActionSA dring aan dat die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte geskrap moet word en inflasie-aanpassings vir persoonlike inkomstebelasting gehandhaaf moet word. Hy versoek alle partye om deursigtig te […]
Weeskindkrisis heers in Gaza - April 4, 2025
Gaza sit met die “grootste weeskindkrisis” in die moderne geskiedenis met meer as 39 000 Palestynse kinders wat een of albei ouers in die oorlog verloor het, sê die Palestynse statistiekagentskap. Sowat 17 000 kinders het albei ouers verloor sedert Oktober 2023. Minstens 17 954 kinders is in Israeliese aanvalle dood, terwyl 60 000 kinders […]
Rabada verlaat Titans, terug in SA - April 4, 2025
Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada het die Gujarat Titans in Indië verlaat en keer weens persoonlike redes na Suid-Afrika terug. Die 28-jarige Rabada het in die Titans se eerste twee wedstryde in die Indiese Premierliga gespeel. Hy het een paaltjie vir 41 lopies platgetrek om Punjab Kings te verslaan en een vir 42 lopies in die oorwinning oor Mumbai Indians. Hy was Woensdag […]
Nuwe baadjie vir Swakop se Mole - April 3, 2025
Die Mole op Swakopmund gaan opgeknap word. Deel van dié projek van 4,8 miljoen Namibiese dollar is die bou van stalletjies vir klein- en mediumgrootte entrepreneurs om hul handgemaakte ware uit te stal. Die ontwikkeling sal na verwagting teen Oktober vanjaar afgehandel wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swakopmundse munisipaliteit, Linda […]
VSA-tariewe ANC se skuld, sê AfriForum - April 3, 2025
AfriForum blameer die leierskap van die ANC vir die VSA se besluit om hoër invoertariewe vir Suid-Afrika op te lê. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, voer aan roekelose beleidbeslissings en gespanne betrekkinge met die VSA het tot hierdie tariewe gelei, wat ongeveer 60 lande beïnvloed. Kriel kritiseer die regering vir die prioritisering van ideologie bo burgers […]