Nuwe dokumentêr ‘One to One: John & Yoko’ kry IMAX-vrystelling
Die splinternuwe dokumentêr One to One: John & Yoko, onder regie van Oscar-bekroonde filmmaker Kevin MacDonald en Sam Rice-Edwards, gaan binnekort in teaters verskyn met ’n eksklusiewe vertoning in IMAX-formaat. Die film bied ’n unieke blik op John Lennon en Yoko Ono se ikoniese “One to One”-konsert, asook hul aktiewe rol in politieke veldtogte. Die […]
Ontmoet vir Lucy: Nuwe rekonstruksie bring ons nog nader aan ‘n voorouer van 3,2 miljoen jaar gelede
Vir die eerste keer het wetenskaplikes ‘n realistiese beeld geskep van hoe Lucy, een van die oudste bekende menslike voorouers, moontlik gelyk het. Hierdie baanbrekende rekonstruksie bring ons letterlik van aangesig tot aangesig met ‘n sleutelfiguur uit die mensdom se verre verlede. Lucy, wat in 1975 in Ethiopië ontdek is, was ’n lid van die […]
Scarlett Johansson aktrise en regisseur by vanjaar se Cannes-rolprentfees
Scarlett Johansson gaan voor en agter die kamera skitter op vanjaar se Cannes-rolprentfees. Die organiseerders het die rolprente bekend gemaak wat aan die Franse Riviera gaan meeding om pryse. Johansson speel saam met Benicio Del Toro en Tom Hanks in Wes Anderson se nuwe fliek, The Phoenician Scheme, wat ingeskryf is vir die gesogte Palme […]
Top 7 misdaadreekse wat jy moet sien – van Peaky Blinders tot The Wire
Misdaadstories het deur die jare hul plek gevestig as een van die mees geliefde genres op televisie. Hierdie tipe reekse bring spanning, intrige en onvergeetlike karakters wat kykers aan hul sitplekke vasgenael hou. Of dit nou gaan oor dwelmkartelle, mafiafamilies of korrupte polisie, hierdie reekse bied iets unieks en intens. Hier is die sewe beste […]
Robbie Williams reageer op die Oasis-reünie-toer: ‘Dit sal nostalgie wees op steroïede’
Robbie Williams glo dat die komende Oasis-reünietoer ’n uitbarsting van emosie en herinneringe gaan wees – “nostalgie op steroïede”, noem hy dit. Al het Robbie vroeër in ’n berugte vete met die Gallagher-broers vasgesit – veral nadat Noel hom eens as die “vet danser van Take That” beskryf het – het hy nog altyd ’n […]
Musk se onheilspellende voorspelling: ‘Binnekort sal daar 10 miljard robotte wees – meer as mense’
Elon Musk, wêreldbekende tegnologiese miljardêr en hoof van SpaceX en Tesla, het onlangs ‘n ontstellende waarskuwing uitgereik: Robotte sal binnekort die mensdom in getalle oortref – en dit binne die volgende dekade. Volgens hom is die opkoms van mensagtige robotte nie meer net ‘n storielyn uit wetenskapfiksie nie, maar ‘n werklikheid wat vinnig naderkom. Musk […]
Robert De Niro kry ere-toekenning by Cannes-filmfees
Die bekroonde Hollywood-akteur, Robert De Niro, sal in Mei die ere- Palme d’Or-toekenning by die 78ste Cannes-filmfees ontvang. Ander akteurs wat hiermee vereer is, sluit in Meryl Streep en Jodie Foster. De Niro het ʼn lang geskiedenis met die Cannes-filmfees. Hy was 14 jaar gelede voorsitter van die beoordelaarsjurie, en het op die tooi tapyt […]
Trump teken uitvoerende bevel om kaartjie herverkope, oftewel ‘scalping’, te bekamp
President Donald Trump het onlangs ‘n uitvoerende bevel onderteken wat gemik is op die bekamping van buitensporige kaartjiepryse en die uitbuiting van aanhangers deur sogenaamde “scalpers”. Saam met die musikant Kid Rock in die Oval Office het Trump gesê die bevel is bedoel om aanhangers te beskerm teen “mal pryse” vir konserte en ander vermaaklikheidsgeleenthede […]
Deurbraak-tegnologie: Wêreld se kleinste pasaangeër, kleiner as ‘n ryskorrel!
Wetenskaplikes het ‘n baanbrekende tydelike pasaangeër ontwikkel wat so klein soos ‘n ryskorrel is. Die toestel, ontwerp deur navorsers aan die Northwestern University onder leiding van John Rogers, bring ‘n rewolusie in kardiologie aangesien dit oplos nadat dit sy funksie voltooi het. Hierdie innovasie kan veral voordelig wees vir pediatriese hartoperasies. Rogers het oor die […]
Ys smelt teen rekordtempo op Noordpool
Kenners sê die rekord-lae ysbedekking op die see in die Noordpoolgebied is ‘n teken van ʼn klimaatsveranderingkrisis. Arktiese see-ys beslaan tans 14,33-miljoen vierkante kilometer. Dit is die laagste sedert daar 47 jaar gelede met rekordhouding begin is. Julianne Stuva van die Nasionale Sneeu- en Ys-datasentrum sê die hoeveelheid ys op die Arktiese See sal steeds […]