Irriterende hospitaal alarms veroorsaak honderde sterftes per jaar.
Terwyl hulle belangrike inligting oor pasiëntveiligheid oordra, kan gesondheidswerkers elke skof aan tot 1 000 alarms blootgestel word. ‘n Studie het egter bevind dat slegs 15% van alle alarms in die kritiekesorgeenheid-omgewing klinies relevant was. Die hoë aantal vals alarms kan lei tot ‘alarm moegheid’, wat veroorsaak word deur sensoriese oorlading wat kan lei tot […]
The World is nie net ’n seiljag nie, maar ook ’n lewenswyse.
Veral vir diegene wat die wêreld wil sien sonder om oor huiskoop op land bekommerd te wees. Die massiewe MS The World-seiljag is vanaf Maandag in Mosselbaai se hawe. The World het 165 wooneenhede en het ongeveer 200 inwoners aan boord. Die seiljag het in 2002 die eerste keer gevaar. In 2024 word beplan om […]
Hoe lyk die rolverdeling vir Michael…
Die aktrise Laura Harrier is ingesluit by die rolverdeling van Michael, die biografiese fliek oor Michael Jackson. Sy is bekend vir haar rolle in BlacKkKlansman en Spider-Man: Homecoming, en vertolk die rol van die uitvoerende musiekhoof, Suzanne de Passe, in die Lionsgate-projek. De Passe het volgens berigte die Motown-stigter, Berry Gordy, oortuig om ʼn ooreenkoms met The Jackson 5 te sluit. […]
Lê soos jy lag vandag
‘n Franse TV-program “C’est mon choix”, wys wat ‘n aansteeklike lag werklik is. Die video wys agt mense wat almal voor foto’s van ‘n dier of voorwerp sit wat skynbaar hulle unieke lag-styl verteenwoordig. Dit sluit in voëls, ‘n motor en ander voorwerpe. Een man se lag kan vergelyk word met ‘n motorenjin, terwyl die […]
Was jou ouers al saam met jou by ‘n werksonderhoud?
‘n Opname onder 800 werkgewers deur die maatskappy ‘Intelligence group’ dui aan dat 1 uit 5 Generasie Z-werksoekers hul ouers saamgeneem het na ‘n werksonderhoud. Ons praat nie hier van Gen Z-tieners wat vir deeltydse werk aansoek doen nie, maar volwassenes wat na professionele onderhoude gaan. Alhoewel ons duidelik generasieverskille in die werkplek kan sien, […]
Navorsers ontdek nuwe Amasone anakonda-spesie
Navorsers in die reënwoude van die Amasone het die wêreld se grootste slang-spesie, ’n enorme groen anakonda, in Ecuador ontdek. Hierdie spesifieke spesie het 10 miljoen jaar gelede geskei van ‘n ander anakonda-spesie, hoewel hulle tot vandag toe nog amper identies lyk. ’n Video wat aanlyn gedeel is, wys die skaal van hierdie 6,1 meter-lange […]
Het jy al daaraan gedink hoe baie mense jok?
Daar is ‘n klompie mense gevra om met elke sosiale interaksie wat hulle gehad het en wat langer as 10 minute geduur het aan te teken, en dan ‘n aantekening te maak as hulle op enige stadium in daardie sosiale interaksie gejok het of ‘n witleuen vertel het. Die studie het bevind dat mense gemiddeld […]
Gaan Pearl Jam die volgende groot groep wees wat fone by hul vertonings verbied?
In afwagting van Pearl Jam se nuwe album “Dark Matter”, het die groep verskeie luistergeleenthede vir die komende langspeelplaat aangekondig. Afgesien van die ooglopende, is daar egter een groot ding wat hierdie twee gebeurtenisse in gemeen het: Albei het die gebruik van fone verbied. Alhoewel dit gedoen kan word in ‘n poging om die uitlek […]
Trump aan die bek geruk…
Die boedel van die wyle Ierse sanger en liedjieskrywer Sinéad O’Connor het die voormalige Amerikaanse president Donald Trump gevra om nie haar musiek te gebruik in sy herverkiesingsveldtog nie. Hy het verlede maand haar treffer Nothing Compares to You op ‘n saamtrek in Maryland gebruik. ‘n Woordvoerder het aan BBC News gesê dit is nie ‘n oordrywing nie om […]
Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week.
Hier wys die James Webb-ruimteteleskoop die geboortes van sterre soos dit nog nooit vantevore gesien is nie, vol van gedetailleerde en impressionistiese teksture. Die onderwerp is die “Rho Ophiuchi” wolkkompleks, wat die naaste stervormende streek aan die aarde is. Dit is ‘n betreklik klein en stil sterre-kwekery, met strale wat vanaf jong sterre uitskiet. Die […]